Div besoek Bok-flank by huis

2010-05-25 08:00
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Die Springbok-flank Juan Smith sal waarskynlik eers weer in Augustus vir die Bokke uitdraf.

Smith het hom weens die onlangse afsterwe van sy pa, Giel, aan sy Bok-verpligtinge onttrek en hoop om vir die tuiswedstryde in die Drienasies-reeks beskikbaar te wees.

Die kaptein van die Cheetahs, wat ook ’n liesbesering het, sal intussen vir die Vrystaat in die Curriebeker-reeks uitdraf.

Smith is Saterdag – soos verwag – nie deur die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, vir die toets teen Wallis gekies nie. De Villiers het gesê Smith is weens persoonlike redes nie oorweeg nie.

Dié flank het aan Sport24 gesê dat die breier hom gister hier by sy huis besoek en voorgestel het dat hy eers alles uitwerk.

Smith sal sy familie bystaan en sy pa, wat sowat ’n maand en ’n half gelede aan komplikasies weens slenkdalkoors oorlede is, se dood verwerk.

Hy sê dit was een van die swaarste besluite van sy loopbaan. “My ma gaan deur ’n moeilike tyd en sy is baie emo­sioneel. Ek was die afgelope tyd baie besig, aangesien ek ná my pa se dood in die Super14-reeks vir die Cheetahs gespeel het. Daarom het sy dood nog nie werklik ingesink nie. Die werklikheid tref ’n mens nou eers en ek wil boonop nie vir die Bokke speel as ek nie 100% reg is nie,” sê hy.

Verder sou Smith gister ’n skandering vir ’n ligte liesbesering ondergaan en kan hy langs die kantlyn wees as hy geopereer moet word.

Hoewel hy nie presies kan sê wanneer hy beskikbaar gaan wees nie, hoop Smith om by sy Bok-spanmaats aan te sluit as hulle van Australasië af terugkeer.

“Ons sal ná die oorsese been van die Drienasies kyk hoe sake staan.”

Die Bokke se eerste tuiswedstryd is op 21 Augustus in Johannesburg teen Nieu-Seeland.

Volgens Smith het De Villiers ook ingestem dat hy vir die Vrystaat kan speel om fiks te bly. Die Vrystaat begin sy Curriebeker-aanslag op 10 Julie hier teen die Westelike Provinsie.

Smith sê hy kry baie ondersteuning van die Bok-afrigter.

“Ek waardeer dit om ’n speler onder Peter te wees. Sy verhouding met elke speler is ongelooflik en dis beslis wat hom so ’n goeie afrigter maak. Dis die eerste keer dat ek in ’n Bok-span is waar die afrigter soveel omgee vir sy spelers. Hy het die moeite gedoen om na my toe te vlieg en gesê hy is 100% agter my.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport  op Twitter te volg.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: springbokke  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Dante sê... Ek moet darem vir die Stormers n lansie breek. Jy sal opmerk dat al die spanne hul spelpatroon drasties wysig wanneer hulle teen die Stormers speel. Almal (selfs die Crusaders) het skoptaktiek gebruik toe hulle teen ons speel. Dit dwing die Stormers om die veilige opsie te neem en die wedstryde "versigtig" af te sluit. Ons speel ook geweldig baie 7-uur wedstryde en die veld is gevolglik baie nat. Glo my, die Stormers gaan, wanneer hulle teen die bulletjies op n droë Loftus speel, baie hardloop. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Programmer

Hatfield, Pretoria, South Africa
Omega HR Solutions
Market Related

BDE / Account Manager

Gauteng, South Africa
E-Merge IT Recruitment
Market Related

Sales Representative

Gauteng, South Africa
MWeb
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.