Div: 'Deur is oop vir Frans'
2011-03-30 14:45
Johannesburg - Die Springbok-afrigter Peter de Villiers het gesê hy sal met die Lions praat om die heelagter Frans Steyn se dienste voor die einde van die Super Rugby-reeks te bekom.
"Ons sal beslis na 'n speler soos Frans Steyn kyk en die Lions vra om hom vir die laaste deel van die Super Ruby-reeks terug te bring, sodat hy sy spelpeil kan opskerp," het De Villiers Woensdag tydens 'n perskonferensie gesê.
Steyn het in April 2009 'n kontrak van twee jaar met die Franse klubspan Racing Metro gesluit.
De Villiers het gesê die deur bly oop vir spelers wat tans oorsee speel om by die Springbokke se Wêreldbeker-groep aan te sluit.
"As daar spelers is wat goed genoeg is in posisies waar ons sukkel, sal ons beslis na hulle kyk," het hy gesê.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA