Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Dis lekker op Loftus

2010-07-10 06:54
Tweets Share Share line Print

BULLE BO: Ruan Snyman van die Blou Bulle tydens die Curriebeker-wedstryd tussen die Blou Bulle en die Pumas op Loftus Versfeld in Pretoria. (Deaan Vivier, Foto24)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou stories

Die Burger

Pretoria. - Daar is darem geen plek op aarde soos jou eie huis nie.

Vir die Blou Bulle se rugbyspan was dit gisteraand ’n geval van home, sweet home toe hulle die Curriebeker op ’n seëvierende noot begin verdedig het deur die Pumas hier op Loftus Vers­feld met 38-15 te klop.

Hulle het hul tuiskoms ná omswerwinge in Soweto ’n heuglike geleentheid gemaak en ses drieë ingeryg.

Vir die Witbankers was dit ’n wrede kennismaking met rugby op hierdie vlak.

Sommer binne die eerste kwartier het hulle drie keer agter hul eie doelpale gestaan en die Bulle het ná slegs 22 minute hul bonuspunt vir vier drieë gehad.

Die Ligbloues se agterlyn was vroeg lus vir hardloop en vier van die vyf drieë wat voor rustyd gedruk is, het via die driekwarte gekom.

John Mametsa het die wenspan se rekening geopen ná ’n beweging wat op die middellyn begin het en waarin Jaco van der Westhuyzen ’n astrante aangee op nonchalante wyse in Mametsa se hande gegee het om oor te draf.

Die Bulle het spel oorheers in die eerste halfuur en ’n hele paar langafstand-drieë gedruk.

Tot hul krediet het die Pumas in die laaste tien minute tot verhaal gekom en sterk aangeval.

Kort voor die spanne kante geruil het, is die besoekers beloon met ’n puik individuele drie deur die skrumskakel, Tian Meyer.

Die besoekers het enduit geveg en die Bulle veral in die tweede helfte ’n moeilike tyd besorg.

Die Bulle het rustyd met 31-10 voorgeloop – en met die vyf ligapunte klaar in die sakkie, het dinge in die tweede helfte sleg uitgerafel.

’n Groot deel van die net meer as 6 000 toeskouers wat die Bulle weer op Loftus kom verwelkom het, moes seker gewonder het hoekom hulle nou eintlik die moeite gedoen het, want dit was soms ’n erge getjommel.

Die Bulle moes 29 minute lank spook in die tweede helfte om die telbord weer aan die rol te kry toe Deon Stegmann deur die agttal oorgedryf is ná ’n lynstaan.

Al vertel die telbord die verhaal van ’n oortuigende sege, was die wyse waarop die wenspan in die tweede helfte soos ’n afgeblaasde ballon grondwaarts gedaal het iets wat Frans Ludeke (breier) tot kommer sal stem.

Puntemakers:

Blou Bulle 38: Drieë: John Mametsa (2), Stephan Dippenaar, Stefan Watermeyer, Dean Greyling, Deon Stegmann. Doelskoppe: Jacques-Louis Potgieter (3), Francois Brummer.

Pumas 15: Drieë: Tian Meyer, Alistair Kettledas. Doelskop: Ricardo Croy. Strafdoel: Croy.

Die Blou Bulle se o.19-span het gistermiddag amok gemaak toe hy die Griffons se jonge­linge in ’n voorwedstryd met 71-5 oorrompel het.

Die Bulletjies was met rustyd reeds met 35-5 voor.

Die losskakel, Pieter van der Walt, was een van sy span se groot uitblinkers.

Hy het met ’n drie en agt doelskoppe 21 punte aangeteken.


- Die Burger

Lees meer oor: pumas  |  curriebeker  |  blou bulle  |  rugby
VOLGENDE OP NUUS24X

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday North Riding - 19:05 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Witkoppen Road
  • Tuesday Bramley - 18:52 PM
    Road name: Corlett Drive
    TRAFFIC LIGHTS short-timing at M1 Highway
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Forecasting Specialist

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Materials Planner

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Graduate Intern

Cape Town
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.