Dis hoe rugby-speelveld lyk

2010-09-23 09:51
Tweets Share Share line Print


Kaapstad - Bryan Habana en JP Pietersen se gemaksones in die Springbok-rugbyspan is daarmee heen met die nuwe generasie vleuels van kleur wat vanjaar in Suid-Afrikaanse rugby na vore getree het.

Onder die grootste uitblinkers is die kragtige Haaie-vleuel Lwazi Mvovo, die Griekwas-drieëvraat Bjorn Basson en die vlugvoetige Streeptrui Gio Aplon.

Basson is die voorste driedrukker in die Curriebeker-rugbyreeks met 14 drieë, met Mvovo tweede (9) en Aplon vierde met 6 drieë.

Al drie is sterk aanspraakmakers om aan die einde van die jaar saam met die Springbokke na Brittanje en Ierland te toer.

Aplon, wat vanjaar sy Springbok-buiging gemaak het, was verlede week die speler van die wedstryd in die WP se wegholsege van 62-10 oor die Pumas.

Hy kan ook heelagter speel en dit kan ook die posisie wees wat die Springbok-keurders vir hom in gedagte het op toer.

Voeg die WP se senter-sensasie Juan de Jongh by dié prentjie en dis onmiddellik duidelik dat die Bok-keurders geen probleem sal hê nie om op verdienste ’n span te kies wat waarskynlik Butana Komphela én Kallie Kriel tevrede sal hou.

Breyton Paulse, vleuel-ikoon van Springbok- en WP rugby, glo Mvovo, Basson en Aplon bied almal vir Suid-Afrika goeie keuses vir die toer.

“Nie een van die drie sal die Bok-span in die steek laat nie.

Dis dié soort spelers wat die toeskouers opgewonde maak wanneer hulle die bal kry en dis die kenmerk van ’n goeie vleuel,” sê Paulse.

“Bjorn kan ’n drie uit niks druk en daar is min spelers wat daardie vaardigheid het.

“Mvovo speel in ’n Haaie-span wat oorloop van selfvertroue en is vir my die vonds van die seisoen onder die vleuels.

Dis sy tweede jaar van Curriebeker-rugby en hy het baie mense verras.

“Dis goed om te sien dat jong spelers hul kanse aangryp. Wat jy ook wil sien, is dat hulle op kritieke tye uitblink.

Mvovo se vertoning teen die Blou Bulle is daarvan ’n voorbeeld.”

Paulse se verbeelding is nie net deur die bruin en swart vleuels in die Curriebeker-reeks aangegryp nie.

Hy het ook groot lof vir die jong Blou Bul Gerhard van den Heever.

“Gerhard het my baie beïndruk en is self ’n man vir die toekoms. Ek sou hom ook vir die toer oorweeg.

“Hy het vaart en op die nat velde in die Noordelike Halfrond help dit ook om ’n fisieke speler soos hy te hê,” sê Paulse.

Habana en Pietersen het nog baie om vir Suid-Afrikaanse rugby te bied en hul kondisioneringsprogramme is daarop gemik om seker te maak dat hulle op hul beste is vir aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi.

“Hulle het lank bo gebly en is baie ervare. Ek glo hulle gaan sterk terugkom, maar moet bestuur word voor die Wêreldbeker-toernooi,” sê Paulse.

“Dis baie belangrik om nie in ’n gemaksone te verval nie. Die druk kom ook nou van jonger spelers af.”

Paulse glo Suid-Afrika kan aan ’n nuwe agterste driehoek bou op die toer terwyl die seniors rus.

Hy glo ook Aplon kan sterk as heelagter oorweeg word.

“Heelagter is eintlik sy gunsteling posisie en hy het die tonge met sy teenaanvalle los gehad wanneer hy daar gespeel het,” sê hy.

“Australië en Nieu-Seeland is juis sterk met hul teenaanvalle en dis ’n aspek van die spel waar Suid-Afrika ’n bietjie agter geraak het.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24 
 

Lees meer oor: gio aplon  |  bjorn basson  |  springbokke  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.