Dis Adi bó Wynand
2009-08-10 10:46
JJ Harmse
Kaapstad - Adrian Jacobs gaan bó Wynand Olivier gekies word om Jean de Villiers in die Bokke se binneveld te vervang.
De Villiers vertrek ná die Drienasies na Ierland, waar hy vir die klub Munster gaan speel.
Jacobs, wat meeste van sy rugby op buitesenter gespeel het, word nou groot gemaak om die nr.12 trui in die toekoms te dra.
Vir die laaste twee toetse het Jacobs in die tweede helfte ook vir De Villiers vervang op buitesenter en luidens inligting vanuit die Bokkamp sal dié skuif 'n permanente een wees.
Jacobs se goeie oog en sy vermoë om 'n gaping te slaan tel tot sy voordeel, maar sy verdediging is nog nie een van sy sterkpunte nie.
Sport24 het vertroulik verneem dat Jacobs, en níé Wynand Olivier nie, die keuse van Bokafrigter Peter de Villiers wees.
Jacobs en Jaque Fourie, wie albei vroeër vir die nr.13 moes kompeteer, sal dan die middelveld bestuur.
Dit sal definitief nie goed afgaan by Olivier nie, wat tot op hede maar min kans op nasionale vlak gekry het, ten spyte van 'n uitmuntende Super 14 seisoen.
- Sport24