Dié haai swem dalk WP toe
2010-08-17 00:30
Kaapstad – As gerugte wat die ronde in Durban doen waar is, sal die Sharks-skrumskakel Rory Kockott volgende seisoen vir die Westelike Provinsie speel.
Mike Greenaway, rubriekskrywer vir The Mercury, het verlede week genoem dat Kockott met die Westelike Provinsie onderhandel om volgende jaar vir hulle te speel.
Die Sharks het reeds Ruan Pienaar verloor en indien Kockott ook loop, sal dié span se opsies vir ‘n nuwe skrumskakel min wees.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24