Die Mitchell-faktor

2011-11-06 06:58
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Afrigter met ’n oog vir talent, wat vas aan dissipline in ’n span-opset glo en een wat die vermoë het om spelers in hulself te laat glo, lê agter die heropstanding van die Goue Leeus-rugbyspan – die nuwe Curriebeker-kam­pioen.

Daar was ook ’n nuwe aanslag en toekomsvisie deur die bestuur met die president, Kevin de Klerk, wat leiding gegee het.
Dié dinge alleen kan egter nie die knoop deurhak nie.

Binne sowat 16 maande het die doelgerigte Nieu-Seelander John Mitchell geweldig hard sáám met sy afrigtingspan gewerk om die span fisiek te brei tot een wat met die bestes kan meeding.

Die produk van die drilwerk (behalwe ’n Curriebeker-trofee) lyk egter anders as wat baie van ons sou dink: Skráler spelers wat groter uithouvermoë as die tradisionele Suid-Afrikaanse stoomrollers het, en ’n span met ’n onblusbare aptyt vir werkverrigting ...

“Ons is vir seker skraler,” het Mitchell gesê. “Ons het ’n groot fokus op werkverrigting geplaas en het van die spelers verwag om hul uithouvermoë te vergroot. Dit gaan nie alles daaroor om groot en sterk te wees nie, maar jy moet langer kan uithou.

“Nou is ons waarskynlik een van die ‘skraalste’ spanne in Suid-Afrika,” het hy gesê.

Van alles wat Mitchell self sover vir die span beteken het, is die manier waarop hy die spelers in hul eie vermoëns laat glo het moontlik die belangrikste.

Terwyl Mitchell as hoof-afrigter ook die een is wat in die kollig staan, beskik hy oor ’n gevolg wat ook ’n leeue-aandeel in die Curriebeker-wenspan en die verbetering in Leeus-rugby het:

Wayne Taylor (kondisionering): Die gewilde Taylor, wat sommer “Tails” genoem word, het vir 14 jaar lank na fiksheid en kondisionering in die Nieu-Seelandse weermag omgesien.

Dié fiksheidsghoeroe was by verskeie sportspanne in Nieu-Seeland betrokke voordat Dick Muir, voormalige Lions-afrigter, hom vir die pos by die Leeus genader het.

Mitchell oor Taylor: “Wayne het uitstekende werk verrig. Die krag- en kondisionering van die spelers, in vergelyking met waar dit 18 maande gelede was, is iets ongeloofliks,” het Mitchell gesê.

“Hy het ’n bewustheid (oor goeie kondisionering) by die spelers geskep en hulle uiters goed van die speelveld af voorberei. Van die spelers wat jy nou sien, is diegene wat dit gemaak het. Ander het gesukkel om by die standaarde te hou en het daarom nie die paal gehaal nie.”

Carlos Spencer en Johan Ackermann (hulp-afrigters): Spencer, wie se vindingryke spel as ’n losskakel van weleer hom ’n Kiwi-legende gemaak het, se aftreejoppie as speler by die Leeus was só beplan dat hy later uitsluitlik ’n hulp-afrigter sou wees.
As speler was sy beste dae duidelik geskiedenis, maar as breier is sy hand duidelik te sien in die vryheid en selfvertroue waarmee die Leeus aanval – veral by Elton Jantjies en Jaco Taute.

In Ackermann beskik die Leeus oor een van die voormalige “harde manne” van ons land se rugby en die Leeus het iemand benodig om sulke eienskappe by sy agttal tuis te bring.

Mitchell oor sy hulp-afrigters: “Hulle is twee voormalige toetsspelers en albei is uitstekende aanwinste.

“ ’n Groot toekoms in afrigting wag op Carlos en Ackers en hul kennis en vermoë om die spel te onderrig het baie goed geword.”

Dr. Rob Collins (spandokter): Oorspronklik van Port Elizabeth, maar het sy mediese studies aan die universiteite van Witwatersrand en Pretoria afgelê.

Mitchell oor Collins: “In samewerking met Wayne het dok Rob en sy span vir ons goeie atlete voorberei en seker gemaak hulle is fris en vars vir die wedstryde.’

JP Ferreira (video-ontleder): ’n Kniebesering het sy loopbaan as heelagter van die Valke in 2007 kortgeknip. Ferreira is maar 28 jaar oud, maar buiten rugby speel het hy ook ander talente en is deur Eugene Eloff in dié rol betrek.

Mitchell oor Ferreira: “Baie mense het nie ’n benul van wat hy alles doen nie – die geweldige hoeveelheid video-opnames en kodering en ander take.

“Hy moet baie verduur wanneer hy die ontleding van die (wedstryd-) video’s voorlê. Maar hy is ’n absolute werkoholis en het ’n blink toekoms op dié gebied.”

Mustapha Boomgaard (spanbestuurder): Hy was voorheen die voorsitter van die Raiders-rugbyklub in Johannesburg, maar is nou langs die kantlyn te sien waar hy tydens elke wedstryd belangrike boodskappe tussen die afrigtingspan, spelers en beamptes oordra.

Mitchell oor Boomgaard: “Die bedryfsafdelings het streng aandag geniet sedert ons hier gekom het. Die hantering van kwessies weg van die speelveld af is deurslaggewend.

“Hy probeer sorg dat daar na al die fyn besonderhede gekyk is. Veral logistieke sake, want dit kan gereeld ’n span se vertoning knou.”

Die GLRU se bestuur: Kevin de Klerk het einde 2009 as president ingetree – ’n deurslaggewende oomblik. In sy toekomsvisie was “vernuwing” en die behoefte om die bestuur “nader aan die span” te bring kern-idees.

’n Nuwe ekwiteitsvennoot is onlangs verkry na die vieslike skeuring met die GumaTAC-groep.

Verskeie personeelveranderings vind ook by die GLRU plaas ten einde die sakeafdeling van die unie so professioneel moontlik te maak.

Mitchell oor die bestuur: “Die unie ‘bo’ ons begin nou verstaan wat die behoeftes van professionele sport is.

“Hulle is nog nie heeltemal daar nie, maar ek dink hulle is vir seker meer bedagsaam en ontvanklik vir wat dit verg om vooruitgang te maak.”

- Rapport

Lees meer oor: goue leeus  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 118,560.00

OPEL

CORSA 160iS PS AC
2007
R 111,872.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.