Dié Leeus ‘brul weer soos Kitch se span’

2011-09-06 10:09
Tweets Share Share line Print


Johannesburg – Die laaste Goue Leeus-rugbykaptein wat die Curriebeker omhoog gehou het, Hannes Stry­dom, dink nie net die Leeus is weer op die pad na beker-glorie nie.

Hy wil sommer op daardie dag self daar wees om dié beker aan die volgende wenkaptein van die Leeus te oorhandig.

“Ek dink Leeus-ondersteuners kan al begin opgewonde raak. Dit is heerlik om hul selfvertroue gade te slaan en te sien hoe John Mitchell (afrigter) in die spelers glo,” het Strydom, wat kaptein van die Curriebeker-wenspan in 1999 was, gesê.

“Dit voel weer soos in (’n voormalige afrigter) Kitch Christie se tyd. Soos toe, het die spelers nou diep gaan grawe, gesien hulle is nie op standaard nie en hard gewerk om ’n krag te word.”

Baie water moet nog in die see loop, maar met die Leeus wat steeds bo-aan die Curriebeker-puntelys is en wedstryde teen Griekwas (tuis) en die Luiperds (weg) wat wag, is die Leeus se pad na die uitkloprondes in hul eie hande.

“Om die Curriebeker te wen, is presies wat dié unie nodig het. Hulle is weer ’n wenspan en kyk maar net hoeveel ondersteuners is nou by hul wedstryde,” het Strydom gesê.

“Die unie het boude op sitplekke nodig gehad. Ek hou ook van die manier waarop hulle speel – met passie.

“Mense kan maar sê dat die ander unies sonder hul beste Springbokke is, maar soveel van daardie Bokke tree uit of gaan oorsee speel ná die Wêreldbeker-toernooi.

“Die spelers wat nou in die Curriebeker-reeks speel, is die toekoms van Suid-Afrikaanse rugby,” het Strydom gesê.

Hy glo die vertroue wat Mitchell in sy spelers plaas, het ’n groot verandering in die Leeus-psige meegebring.

“Die spelers het ’n afrigter nodig gehad wat in hulle glo. Hy (Mitchell) is nie ’n ou wat jou van die veld haal nadat jy een ding swak doen en jou nooit weer kies nie.

“Sy afrigtingsmetodes werk, maar dit is daardie selfvertroue wat hy in die span tuisbring wat uitstaan.

“Nou is die spelers nie bang om kanse te waag nie. Hulle weet as dit werk, werk dit, en as dit nie werk nie, sal jy nie sommer uitgegooi word nie,” het die gewese Springbok-slot gesê.

Terwyl Mitchell en sy spelers weier om verder te dink as hul volgende kragmeting, sien Strydom ’n groot toekoms vir dié Leeus-span.

“As hulle aan die einde van die jaar die Curriebeker wen, soek ek ’n uitnodiging om as die laaste Leeus-wenkaptein die trofee aan die volgende wenkaptein te oorhandig,” het hy gelag.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24
 

Lees meer oor: curriebeker  |  goue leeus

Lewer kommentaar op hierdie artikel
90 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 118,560.00

OPEL

CORSA 160iS PS AC
2007
R 111,872.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.