Die Leeu-brekers!

2011-10-31 08:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Vir al die maer jare wat Goue Leeus soos Doppies la Grange en Cobus Grobbelaar alles wat hulle het in Leeus-rugby ingeploeg het, maar steeds gely het.

Daarvoor vergoed die suikersoet smaak van Curriebeker-vonkelwyn.

’n Donker dekade van rugby in Johannesburg is Saterdagaand finaal beëindig met die Leeus se pragsege van 42-16 oor die Haaie.

“Hierdie was my lewensdroom in rugby. Ek weet ek kan namens my en Baywatch (Grobbelaar) praat as ek sê dit was my droom om my naam op daardie trofee te kry,” sê La Grange.

“’n Ou offer so baie op en ek dink nie hulle gaan my nou sommer op 29 jaar as ’n Springbok kies nie. Dit was my doel dié.”

La Grange was uitstekend as buitesenter in die eindstryd en sy breekslag tussen Stefan Terblanche en Conrad Hoffmann deur het tot Michael Killian se drie in die eerste helfte gelei.

Dit was die eerste van drie drieë waarmee die Leeus die Haaie gesink het.

“Nou maak die verlede nie meer saak nie,” sê La Grange.

“Ons het so gegroei as ’n groep broers. Ons het saamgeoefen, -gesweet en -gehuil. En vanaand het ons die vrugte gepluk.

“Dit is al wat saak maak.”

Terwyl ’n hele nuwe generasie jong Leeus net so puik in die eindstrydoorwinning was, was die oomblik veral roerend vir die ou staatmakers.

La Grange en Grobbelaar speel al sedert 2003 vir die Leeus, Wikus van Heerden het sy Leeus-buiging in 2001 gemaak en dan is daar Franco van der Merwe en JC Janse van Rensburg wat vyf seisoene lank al alles gee.

“Vir my persoonlik het ek gevoel ons gaan wen toe Elton (Jantjies) en Jaco (Taute) hul eerste skoppe oorsit,” het La Grange vertel. “Ek het ’n gevoel gekry ons gaan dit vanaand maak.”

Om op dié tydstip van sy Leeus-loopbaan deel van só ’n algehele gedaanteverwisseling van ’n ploeterspan tot ’n brekerspan te wees, is iets waaroor La Grange juig. “Kyk maar na Elton en die verskil in hom tussen verlede jaar en nou. Die kalmte waarmee hy speel.

“En Jaco Taute. Hierdie ouens is toekomstige legendes van Transvaal-rugby, toekomstige Springbokke.”

Volgens La Grange is die Leeus-spelers doelbewus oor die afgelope 16 maande ook as gehalte-mense ontwikkel en nie net as rugbyspelers nie.

Die 30-jarige Grobbelaar het ook gesê hy het oor die jare heen saam met baie spelers van gehalte by die Leeus gespeel, maar nooit saam met ’n wenspan nie.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: goue leeus  |  curriebeker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 118,560.00

OPEL

CORSA 160iS PS AC
2007
R 111,872.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.