De Wet Barry verloor seun
2011-12-20 12:04
Kaapstad – Die voormalige Springbok De Wet Barry, wat in 38 toetse gespeel het, se tweejarige seun DJ is tragies dood weens longkomplikasies.
Die voormalige Springbok-kaptein John Smit het sy medelye op Twitter gedeel.
Hy het geskryf: “Im heart broken for Dewet Barry & his wife who lost their 2 year old son this morning to a lung infection.God bless them in this time.”
Gary Gold, assistent-afrigter van die Springbokke, het ook sy skok op Twitter uitgespreek.
Hy het geskryf: “Absolutely heartbroken for DeWet and Marcelle Barry on the loss of their little man DJ. May he rest in peace, so sad for such great people.”
Sport24 se gedagtes en gebede gaan uit aan De Wet en sy vrou Marcelle, sowel as hul onderskeie families, in hierdie moeilike tyd.