D-dag vir Doppies-hulle in stampvol stadion

2011-10-27 07:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Gideon la Grange is reeds sedert 2003 deur dik en dun as ’t ware die hartklop van die Goue Leeus se agterlyn.

Maar Saterdag gaan dié senter, wat as Doppies bekend staan, die eerste keer in sy loopbaan voor ’n volgepakte paviljoen op Coca-Colapark speel.

Die laaste kaartjies vir die eindstryd teen die Haaie was teen gister verkoop en die Leeus-rugbyspan gaan die eerste keer sedert sy vorige Curriebeker-eindstryd hier, in 2002 teen die Blou Bulle, in ’n volgepakte stadion speel.

La Grange, die Leeus se onderkaptein, gaan sy senter-vennootskap m­et Alwyn Hollenbach voortsit in ’n span wat geen veranderings toon van die een wat die Westelike Provinsie in die halfeindstryd geklop het nie.

“Ek hét daardie dag (in 2002) gespeel, maar as lid van die Leeus se o.21-span. Ons was ook in die eindstryd.

“Bykomende speeltyd was nodig in ons wedstryd, dus het ons ook so ’n bietjie van (die atmosfeer van) die groot skare gevoel.

“Ek sien uit. As ek dink hoe dit is wanneer ons voor 35 000 mense speel, sal ons seker oorfone nodig hê om Saterdag (voor sowat 65 000 toeskouers) op die veld bevele te roep,” het hy geskerts.

La Grange sê dit is danksy die werk wat die Leeus al verlede jaar in die Curriebeker-reeks begin doen het, dat hulle Saterdag in die eindstryd speel.

“Daar was baie bloed, sweet en trane. Maar ek dink ons almal sien uit. Ons wil dit doen vir al die ondersteuners wat ons oor die jare bly steun het en wil iets aan hulle teruggee,” het die 29-jarige La Grange gesê.

Vanjaar was opnuut ’n aanpassing vir La Grange, aangesien hy van binne- na buitesenter moes skuif omdat Hollenbach so voortreflik as binnesenter vertoon het toe La Grange met ’n besering buite aksie was.

“Ek sal flank of stut ook speel as die span dít vereis. Ek moes wel ’n bietjie leer oor buitesenter. Soos ons gesien het, is Alwyn se verdediging verwoestend en ­ daarmee bring hy ook goeie selfvertroue vir Elton (Jantjies, losskakel) in daardie verdedigingskanaal.”

As die skrumskakel, Michael Bondesio, sou seerkry, sal die Leeus ook op La Grange steun om in dié posisie oor te neem.

Wat die Leeus se agttal betref, is die Springbok CJ van der Linde, wat sy Leeus-buiging in die halfeindstryd gemaak het, vir die eindstryd behou.

Die span is:

Jaco Taute, Deon van Rensburg, Doppies la Grange, Alwyn Hollenbach, Michael Killian, Elton Jantjies, Michael Bondesio, Josh Strauss (k), Michael Rhodes, Derick Minnie, Franco van der Merwe, Wikus van Heerden, Patric Cilliers, Bandise Maku, CJ van der Linde.

Plaasvervangers: Martin Bezuidenhout,Jacobie Adriaanse/JC Janse van Rensburg, Warren Whiteley, Cobus Grobbelaar, Butch James, Dylan des Fountain, James Kamana.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: rugby  |  curriebeker  |  leeus

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 118,560.00

OPEL

CORSA 160iS PS AC
2007
R 111,872.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.