Chris Ashton terug vir Engeland
2012-11-15 14:25
Londen – Engeland se afrigter, Stuart Lancaster, het Chris Ashton opgeroep vir die Rose se toets teen die Wallabies op Twickenham.
Afskoptyd Saterdag is om 16:30.
Ashton, wat verlede naweek se toets teen Fidji weens 'n skorsing misgeloop het, sal Charlie Sharples op regtervleuel vervang.
Sharples het twee briljante drieë in die wedstryd teen Fidji gedruk en skuif oor na die linkervleuel-posisie vir die toets teen Australië.
Die Wallabies, wat vroeër hul span aangekondig het, het vier veranderings gemaak.
Engeland:
15 Alex Goode, 14 Chris Ashton, 13 Manu Tuilagi, 12 Brad Barritt, 11 Charlie Sharples, 10 Toby Flood, 9 Danny Care, 8 Thomas Waldrom, 7 Chris Robshaw (kaptein), 6 Tom Johnson, 5 Geoff Parling, 4 Tom Palmer, 3 Dan Cole, 2 Tom Youngs, 1 Joe Marler
Plaasvervangers: 16 David Paice, 17 David Wilson, 18 Mako Vunipola, 19 Joe Launchbury, 20 Tom Wood, 21 Ben Youngs, 22 Owen Farrell, 23 Mike Brown
Australië:
15 Berrick Barnes, 14 Digby Ioane, 13 Adam Ashley-Cooper, 12 Ben Tapuai, 11 Nick Cummins, 10 Kurtley Beale, 9 Nick Phipps, 8 Wycliff Palu, 7 Michael Hooper, 6 Dave Dennis, 5 Nathan Sharpe (kaptein), 4 Sitaleki Timani, 3 Ben Alexander, 2 Tatafu Polota Nau, 1 Benn Robinson
Plaasvervangers: 16 Stephen Moore, 17 James Slipper, 18 Sekope Kepu, 19 Radike Samo, 20 Liam Gill, 21 Brett Sheehan, 22 Mike Harris, 23 Drew Mitchell
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA