Cheetahs klop Griekwas
2011-10-15 17:12
Kaapstad – Die Toyota Free State Cheetahs was te klinies vir die Griekwas-span en het hulle tydens hul Absa Curriebeker-wedstryd met met 49-39 geklop.
Die wedstryd is Saterdag in Bloemfontein gespeel en teen halftyd was die telling 20-10 in die Cheetahs se guns.
Die Cheetahs beklee tydelik ook die tweede plek op die Absa Curriebeker-punteleer.
Puntemakers:
Toyota Free State Cheetahs
Drieë: Cameron Jacobs, Pieter Labuschagne (2), Adriaan Strauss, Philip Burger, Werner Griessel
Doelskoppe: Nico Scheepers, Tewis de Bruyn (4)
Strafskoppe: Scheepers (2), De Bruyn
Griekwas
Drieë: Riaan Viljoen, Leon Karemaker, Dusty Noble, Stef Roberts, Sarel Pretorius
Doelskoppe: Rudi Vogt (4)
Strafskoppe: Vogt (2)
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.