Cheetahs grom op Nuweland
2011-09-24 23:00
Kaapstad – Die Vrystaat-Cheetahs is steeds op die Curriebeker-wenpad na 'n oorwinning Saterdag oor die Westelike Provinsie op Nuweland in Kaapstad.
Die Blikore het met 34-20 gewen nadat hulle rustyd 24-6 voorgeloop het.
In die laaste minute van die wedstryd, met die telling 27-20, kon die WP met hul terugvegpoging net nie by die doellyn kom nie en was dit die besoekers wat twee minute voor die eindfluitjie met 'n verdoelde drie die spyker in die doodskis geslaan het.
Op die Curriebeker-punteleer skuif die Vrystaters nou na die derde plek terwyl die Streeptruie afskuif na die vierde posisie.
Puntemakers:
Westelike Provinsie
Drieë: Nick Fenton-Wells, Deon Fourie Doelskoppe: Lionel Cronjé (2) Strafskoppe: Lionel Cronjé (2)
Vrystaat-Cheetahs
Drieë: Cameron Jacobs, Piet van Zyl, Pieter Labuschagne, Coenie Oosthuizen Doelskoppe: Johan Goosen (3), Sias Ebersohn Strafskop: Goosen Skepskop: Ebersohn
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24