Butch lei, Jantjies op bank teen Bulle
2012-10-11 12:33
Johannesburg – Die losskakel Butch James sal Saterdag die kapteinsarmband dra in die Leeus se Jukskei-derby teen die Bulle in Johannesburg.
Die afrigter, Johan Ackermann, het die versoeking weerstaan om Elton Jantjies, wat vanaf die plaasvervangerbank sal speel, dadelik in die beginspan te stoot.
James lei die Rooibontes omdat CJ van der Linde die gereelde kaptein, JC Janse van Rensburg, in die beginspan vervang.
Pat Cilliers is ook terug in die span en sal op stut sak.
Jaco Taute, wat verlede week op buitesenter vir die Springbokke uitgedraf het, word ruskans gegee volgens die Leeus se bestuurspan.
Afskoptyd is 19:10.
So lyk die span:
15 Ruan Combrinck, 14 Deon Helberg, 13 Deon van Rensburg, 12 Alwyn Hollenbach, 11 Anthony Volmink, 10 Butch James (k), 9 Ross Cronje, 8 Willie Britz, 7 Dercik Minnie, 6 Jaco Kriel, 5 Ruan Botha, 4 Michael Rhodes, 3 Pat Cilliers, 2 Callie Visagie, 1 CJ van der Linde.
Plaasvervangers: 16 Bandise Maku, 17 Jacobie Adriaanse, 18 Paul Willemse, 19 Warren Whiteley, 20 Whestley Moolman, 21 Elton Jantjies, 22 Lionel Mapoe.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24