Butch het CB-honger ná Bokke in WB gly

2011-10-14 12:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Butch James sê hy lê nog elke nag wakker sedert die Springbokke hul Wêreldbeker-kwarteindstryd met 9-11 teen Australië in Wellington verloor het.

James was een van die plaasvervangers in die wedstryd en moes hulpeloos toekyk hoe sy spanmaats die kragmeting ondanks hul oorweldigende oorheersing verloor.

“Ek was waarskynlik nog nooit so verpletter ná ’n wedstryd nie. Die naaste gevoel wat ek daaraan gehad het, was in 2007 se Super14-eindstryd,” het James gesê met verwysing na die 2007-riller toe hy as lid van die Sharks se span weens ’n Bryan Habana-wendrie in die doodsnikke teen die Bulls verloor het.

“Ek slaap nie lekker nie en word elke uur wakker en dink aan dinge wat vir ons reg kon verloop het,” het James oor sy nuutste nagmerrie gesê.

Dié 32-jarige losskakel se min speelkans vir die Bokke in die toernooi was ook vir hom frustrerend. ’n Ligte heupbesering het hom meer speelkans ontneem.

“Ek dink ons wedstryd teen Australië was ons beste in die toernooi, maar ons het nie ons kanse gebruik nie.

“Ons het alles gedoen wat ons kon, behalwe om die punte te kry. En nou word ek snags wakker en wonder hoe op aarde ons dit reggekry het,” het hy gesê.

Terug in Suid-Afrika is James vandeesweek weer deel van ’n Goue Leeus-span wat sy beste kans op ’n Curriebeker-titel in jare het.

James is as ’n plaasvervanger vir die Leeus se wedstryd môre in Durban teen die Haaie gekies.

Hoewel hy tot die afgelope naweek nog aan die Webb Ellis-beker, eerder as die Curriebeker, gedink het, sê hy daar is genoeg rede vir hom om nou Curriebeker-honger te wees.

“Ek het nog nooit ’n Curriebeker gewen nie, al was ek al in baie eindstryde. Daarom het ek baie dryfkrag en hopelik kan ek deel daarvan wees.

“Die ouens (Leeus) speel goed, dus sal dit moeilik vir my wees om in die beginspan te kom. Maar ek is honger om te speel, want sedert die Super Rugbyreeks het ek hoogstens sowat 100 minute se rugby gespeel.

“Vir eers is ek tussen die plaasvervang­ers, ’n rol wat ek in die laaste tyd goed vertolk het,” het hy met ’n glimlag gesê.

Burton Francis draf môre as die Leeus se losskakel teen die Haaie uit, met Elton Jantjies wat ’n blaaskans gegun word.

Jantjies sal langs James op die plaasvervangersbank wees en indien Jantjies speelkans kry, is die kans goed dat James iewers in die wedstryd op binnesenter teen sy voormalige spanmaats losgelaat sal word. 

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: butch james  |  curriebeker  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 118,560.00

OPEL

CORSA 160iS PS AC
2007
R 111,872.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.