Butch James terug vir Nuweland-stryd
2012-09-26 15:17
Johannesburg – Die Goue Leeus het drie veranderings gemaak aan die span wat Saterdag teen die WP op Nuweland uitdraf.
Butch James sal die nr.10-trui in die plek van Elton Jantjies, wat deur die Springbokke opgeroep is, dra.
Die binnesenter Dylan de Fountain is in die vyftiental opgeneem nadat Jaco Taute ook deur die Bokke nadergetrek is vir Saterdag se toets teen die Wallabies.
Onder die voorspelers vervang Jaco Kriel vir Willie Britz op flank.
Afskoptyd op Nuweland is om 14:00.
So lyk die span:
15 Andries Coetzee, 14 Deon Helberg, 13 Lionel Mapoe, 12 Dylan des Fountain, 11 Ruan Combrinck, 10 Butch James, 9 Michael Bondesio, 8 Warren Whiteley, 7 Jaco Kriel, 6 Cobus Grobbelaar, 5 Franco Van der Merwe, 4 Michael Rhodes, 3 Jacobie Adriaanse, 2 Callie Visagie, 1 JC Janse van Rensburg (k).
Plaasvervangers: 16 Martin Bezuidenhout, 17 Ruan Dreyer, 18 Ettienne Oosthuizen, 19 Willie Britz, 20 Ross Cronje, 21 Deon van Rensburg, 22 James Kamana.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24