Burger dalk WP-kaptein
2011-10-12 12:01
Kaapstad – Die Springbok-flank Schalk Burger gaan dalk Saterdag as die Westelike Provinsie se kaptein uitdraf in hul Curriebeker-kragmeting teen die Pumas op Nuweland.
Matt Proudfoot, voorspeler-breier van die Streeptruie, het gesê die Springbokke wat van die Wêreldbeker af terugkeer sal toegelaat word om te speel.
Hy het gesê die spelers sal Woensdag self bevestig of hulle in staat sal wees om te speel.
Die WP se afrigters het aanvanklik gehoop Jean de Villiers, Gio Aplon en Juan de Jongh sal ook op Nuweland kan uitdraf en Proudfoot het gesê dit sal dom wees om nie Burger, Bryan Habana en Jaque Fourie in die span te sit nie.
“As Schalk (Burger) kan speel, sal hy kaptein wees,” het Proudfoot gesê. “As hy nie kan speel nie, Sal Jean (de Villiers) kaptein wees.”
“As mens hierdie tyd van die seisoen die kans kry om jou SuperRugby-kaptein en -onderkaptein op die veld te sit, sê mens nie nee dankie nie.”
Die WP moet die wedstryd wen op hul plek in die halfeindronde te verseker.
– Sport24
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.