Bulls se nuwe Super-vere

2011-12-14 09:30
Tweets Share Share line Print

Pretoria. – Eers was daar die nuwe hoof van rugby, tóé ’n nuwe kaptein en nou kan die Bulls eindelik hul nuwe truie aan die wêreld wys.

Soos met die nuwe rugbyhoof, Heyneke Meyer, en die nuwe kaptein, Pierre Spies, is daar kenmerkende en gerusstellende kleure in die nuwe trui van die vervaardiger Puma, wat gister sy kontrak van vyf jaar met die Bulls van stapel laat loop het.

Dit is moontlik gemaak ná ’n hofgeding tussen die Bulls se beroepsarm, die Blou Bulle Maatskappy (Edms.) Bpk. en Gilbert, wat jare lank die verkose klere- en toerustingverskaffer by Loftus Versfeld was.

Nadat die Bulls hul kontrak met Gilbert wou opsê oor “gebrekkige dienslewering en ander probleme” en ’n nuwe kontrak met Puma sluit, is Gilbert hof toe.

Dié sage het gister deur ’n arbiter beëindig toe dié ten gunste van die BBM beslis het.

Die Bulls kon dus hul nuwe toerustings uit die plastieksakke haal en dis nie meer nodig om in truie met toegeplakte logo’s te oefen nie.

Die stoere Bulls-ondersteuner se reaksie sal beslis interessant wees as hulle die “weg-trui” sien.

Dié trui is pienk met pers en blou weerligstrale.

Die Bulls sal sekerlik ’n sug van verligting slaak dat dié sage eindelik afgehandel is.

Hulle kon nie in die afgelope Curriebeker-seisoen met enige van Gilbert of Puma se truie speel nie en die spelers was genoodsaak om die logo’s van eersgenoemde se oefentruie met pleisters toe te plak.

Twee halfblad-advertensies wat Maandag en Dinsdag in Beeld geplaas is met groot foto’s van Spies en Francois Hougaard, waarmee hulle ondersteuners van die span vra om seisoenkaartjies vir 2012 aan te skaf, was opvallend sonder enige kentekens.

Barend van Graan, die uitvoerende hoof van die BBM, het Dinsdag gesê die maatskappy is verheug om ná maande se regsprobleme uiteindelik die borgskap met Puma aan te kondig.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: rugby  |  bulls

Lewer kommentaar op hierdie artikel
31 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 118,560.00

OPEL

CORSA 160iS PS AC
2007
R 111,872.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.