Bulls klop begeesterde Lions
2011-02-19 21:17
Johannesburg - Super Rugby se verdedigende kampioene, die Bulls, het Saterdag 'n begeesterde Lions-span in 'n taai derby-wedstryd op Coca-Colapark in Johannesburg met 24-20 geklop.
Die tuisspan was vinnig uit die blokke, maar dit was Zane Kirchner wat vroeg gedruk het om die Bulls te laat voorloop. Skaars twee minute later het vleuel Gerhard van den Heever deurgebreek vir 'n pragdrie.
Die besoekers het met rustyd 24-5 voorgeloop nadat hulle die eerste helfte domineer het. Maar in die tweede helfte was dit die Lions wat die oorhand gehad het.
'n Drie deur plaasvervanger Martin Bezuidenhout in die 57ste minuut het die Lions laat bloedruik.
Hoewel Elton Jantjies glad nie goed geskop het nie, het hy wel die bal oorgeklits toe dit saak gemaak het - 'n strafskop in die 67ste minuut om die telling 20-24 te maak.
Maar die Bulls het rotsvas bly verdedig in die laaste 15 minute om die Lions 'n oorwinning te ontsê.
Puntemakers:
Lions: Drieë: Waylon Murray, Martin Bezuidenhout, televisie-skeidsregter, kon nie 'n speler uitwys om derde drie aan toe te ken nie Strafskoppe: Elton Jantjies Doelskoppe: Elton Jantjies
Bulls: Drieë: Zane Kirchner, Gerhard van den Heever, Doelskoppe: Morné Steyn (1) Strafskopp: Morné Steyn (4)
Aanstaande week speel die Bulls teen die Cheetahs in Bloemfontein en die Lions pak die Stormers op Nuweland.
- Volg Nuus24Sport op Twitter.
- Nuus24
Neem hieronder deel aan ons meningspeiling oor die kommentators in hierdie wedstryd:
Stem
Hoe sou jy Kobus Wiese se kommentaar beskryf in dié kragmeting?
Stem
Hoe sou jy Hennie Koortzen se kommentaar beskryf in dié kragmeting?