Bulle wil Haaie voor sagmaak

2010-09-02 10:46
Tweets Share Share line Print

Pretoria - ’n Spiertier-plaasvervangersbank en skoppende keuses in die agterlyn.

Dít is hoe die Blou Bulle se Frans Ludeke sy rugbyspan gekies het vir Saterdag se watertand-Curriebekerstryd teen die Natalse Haaie.

Ludeke het vier stutte gekies vir die stryd, ’n duidelike aanduiding dat die Bulle voorlangs die pap dik wil aanmaak.

Hy het dit nie ontken met die bekendmaking van sy span nie.

“Dit is beslis waar die grootste oorlog gaan wees en die meeste gevegte sal woed. Ons het baie diepte op stut en glo ons kan dit tot ons voordeel gebruik,” het Ludeke sy keuse van Frik Kirsten en Jaco Engels op die bank verduidelik.

Met Dean Greyling skitterend op stryk en Werner Kruger stilweg besig om hom as een van die ysters in die reeks te vestig, is Ludeke se optimisme in dié verband verstaanbaar, hoewel ’n enkelbesering aan Kruger sy kaarte effens deurmekaar kan krap.

Die vaskop het Maandagmiddag bly lê ná ’n koppestampsessie en Ludeke sal môre eers besluit of sy enkelbesering genoegsaam herstel het.

Indien nie, sal Kirsten opskuif en Rossouw de Klerk, wat laas in die halfeindstryd van die Curriebeker in 2009 vir die Blou Bulle gespeel het, uit die o.21-span nader geroep word.

“Ons wil goeie geleenthede vir onsself skep. Daarom wil ons seker maak dat ons in die tweede helfte met vars bene steeds die spel kan dikteer,” het Ludeke verduidelik.

Ludeke het agterlangs die wenkbroue laat lig deur die veelsydige Jaco van der Westhuyzen op vleuel te kies, voor spelers soos John Mametsa en Hayden Groepes.
Dit dui op ’n taktiese manier van speel, het Ludeke erken.

“Eerder dit as spelpeil, ja. Jaco sal ook ons tweede losskakel wees en gee ons ander keuses op die bank. Hy het in die Super14 goeie dinge op die vleuel gedoen en ek glo hy sal ons nie teleurstel nie,” het Ludeke gesê.

“Sy taktiese vermoëns en skopvoet help ook baie.”

Mametsa is egter ’n ware strydros wat al 74 keer vir die Bulle in die Curriebeker uitgedraf en 31 drieë gedruk het, waarvan twee in sy laaste verskyning teen Griekwas twee weke gelede.

Die breier het altesame vier skuiwe in die beginspan gemaak, met Gerrit-Jan van Velze wat weer terug is ná sy beenbesering, die vernaamste.

Hy speel agtsteman en Dewald Potgieter skuif flank toe in die plek van CJ Stander, wat as plaasvervanger sal speel. Slegs Groepes en Francois Brummer is heeltemal weggelaat uit die groep wat in Nelspuit uitgedraf het, met laasgenoemde wat senter vir die o.21-span sal speel.

Jacques-Louis Potgieter en Ruan Snyman is die skakelpaar van die span wat deur vir die 24ste keer deur Derick Kuün aangevoer sal word.

Die Blou Bulle se span (met getal wedstryde) is:


Zane Kirchner (24), Gerhard van den Heever (24), Jaco Pretorius (19), Wynand Olivier (44), Jaco van der Westhuyzen (31), Jacques-Louis Potgieter (20), Ruan Snyman (9), Gerrit-Jan van Velze (10), Dewald Potgieter (35), Derick Kuün (64, k), Fudge Mabeta (21), Juandré Kruger (15), Werner Kruger (51), Bandise Maku (28), Dean Greyling (13). PLAASVERVANGERS: Henry Bantjes (0), Frik Kirsten (9), Jaco Engels (53), Wilhelm Steenkamp (37), CJ Stander (8), Dustin Jinka (2), Stefan Watermeyer (16).

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

erikdemilander sê... Kom Bulle - Kies Chilliboy!! Maak Stormers se pad soveel makliker. Ons kan alreeds op 5 lynstane reken wat ons gaan kry per wedstryd. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Business Analyst

Western Cape, South Africa
Ayanda Mbanga Communications
Market Related

Senior Network Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R20000 - R32000

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.