Bulle verander drie vir stryd teen Griekwas
2011-10-05 13:34
Pretoria – Die Blou Bulle het drie veranderinge gemaak aan hul span wat Vrydag in die Curriebeker-wedstryd met die Griekwas in Kimberley sal kragte meet
Pine Pienaar, die Bulle se afrigter, moes noodgedwonge posisionele skuiwe maak weens die heelagter Zane Kirchner se skielike oproep na die Bok-kamp in Nieu-Seeland.
Gerhard van den Heever skuif terug na heelagter met die vleuel Akona Ndungane wat weer fiks is na drie wedstryde op die kantlyn weens 'n ribbesering.
Die flank Deon Stegman, wat weens 'n gebreekte wangbeen sewe weke buite aksie was, maak ook 'n terugkeer in die beginspan.
So lyk die span:
Gerhard van Heever, Akona Ndungane, Wynand Olivier, Francois Venter, Bjorn Basson, Louis Fouché, Jano Vermaak, CJ Stander, Jacques Potgieter, Deon Stegmann, Juandré Kruger, Flip van der Merwe, Werner Kruger, Gary Botha (kaptein), Dean Greyling. Plaasvervangers: Willie Wepener, Frik Kirsten, Gerrit-Jan van Velze, Arno Botha, Dustin Jinka, Francois Brummer, Warwick Tecklenburg.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24