Bulle sonder Olivier teen Leeus
2011-08-03 11:11
Pretoria – Die Springbok-senter Wynand Olivier het 'n skouerbesering opgedoen en sal nie vir die Blou Bulle in hul Curriebeker-wedstryd Saterdag teen die Goue Leeus kan speel nie.
Die Ligbloues sal ook sonder hul vleuel Gerhard van den Heever (skouerbesering) moet klaarkom en daar heers steeds twyfel oor Flip van der Merwe (ribbes), Bjorn Basson (harsingskudding) en Juandre Kruger (ribbes) se beserings.
Dié drie sal Woensdagmiddag fiksheidstoetse moet ondergaan.
Intussen sal die Bulle se afrigter, Pine Pienaar, steeds vyf Bokke (Chiliboy Ralepelle, Zane Kirchner, Werner Kruger, Dean Greyling en Deon Stegmann) tot sy beskikking hê vir die Jukskeirivier-derby.
Afskoptyd Saterdag in Pretoria is 17:05.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24