Bulle se verdediging hou vir wen teen Leeus
2011-09-24 18:03
Kaapstad – Die Blou Bulle kan steeds hoop op 'n plek in die Curriebeker-halfeindronde nadat hulle die Goue Leeus Saterdag in 'n klipharde stryd in Johannesburg geklop het.
Pine Pienaar, die Ligbloues se breier, behoort in sy skik te wees met die span se rotsvaste verdediging na 'n terugvegpoging deur die Leeus in die tweede helfte.
Die Pretorianers het met 21-18 gewen nadat hulle teen rustyd 18-6 voor was. Die oorwinning skuif die span nou na die vyfde plek op die Curriebeker-punteleer.
Die Leeus is steeds in die boonste posisie.
Puntemakers.
Goue Leeus:
Drieë: Michael Killian, Joshua Strauss Doelskop: Elton Jantjies Strafskoppe: Jantjies (2)
Blou Bulle:
Drieë: Jano Vermaak, Warwick Tecklenburg Doelskop: Louis Fouche Strafskop: Fouche (2) Skepskop: Fouche
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24