Bulle se Potgieter uit Curriebeker
2011-09-27 13:17
Pretoria – Dewald Potgieter, flank van die Blou Bulle, sal nie verder aan vanjaar se Curriebeker-seisoen deelneem nie nadat hy 'n enkelbesering opgedoen het.
Die Bulle het Dinsdag in 'n verklaring gesê Potgieter se besering is "nogal ernstig" en hy sal nie sy seisoen kan voltooi nie.
"Potgieter se spelpeil was vanjaar baie goed en sy afwesigheid sal deur die Bulle, wat steeds mik om vir die Curriebeker-halfeindrondes te kwalifiseer, gevoel word," het die verklaring gelui.
Goeie nuus vir die Ligbloues is dat die oopkant-flank Deon Stegmann en die vleuel Akona Ndungane goed herstel van hul beserings en teen volgende week weer behoort te speel.
Intussen het die Bulle se breier, Pine Pienaar, sy span onveranderd gelaat vir Vrydag se Curriebeker-kragmeting met die Pumas op Loftus.
Bulle:
Zane Kirchner, Bjorn Basson, Wynand Olivier, Francois Venter, Gerhard van den Heever, Louis Fouché, Jano Vermaak, CJ Stander, Jacques Potgieter, Warwick Tecklenburg, Juandré Kruger, Flip van der Merwe, Werner Kruger, Gary Botha (kaptein), Dean Greyling.
Plaasvervangers: Willie Wepener, Rossouw de Klerk, Gerrit-Jan van Velze, Arno Botha, Dustin Jinka, Francois Brummer, Jurgen Visser.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24