Bulle moet Coenie-hulle dophou

2011-09-10 09:17
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Die Blou Bulle kan hulle vandag hier in hul Curriebeker-rugbykragmeting vir ’n behoorlike grondstryd staal, maar sal ’n fout maak as hulle slegs die Vrystaters se lostrio wil oppas.

Die Cheetahs se gevaarlikste wapen by die afbreekpunte hang nie aan die kant van ’n skrum om eerste by die volgende losskrum uit te kom nie.

Nee, die Vrystaat-stut Coenie Oosthuizen sal eers sorg dat sy span in die skrums saampraat, voordat hy á la die Springbok-flank Heinrich Brüssow balle op die grond gaps.

Volgens Naka Drotské, die Vrystaat-afrigter, is Oosthuizen koning op die grond.

“Coenie is ongelooflik op die grond. As ’n ou gaan kyk na die balle wat ons span in die Curriebeker gesteel het, is hy waarskynlik ons beste balsteler.”

Die Bulle is verlede naweek deur die Haaie in Pretoria op die grond getroef en sal hul storie moet ken.

Daarteenoor kon Drotské vandeesweek kus en keur oor wie sy losvoorspelers moet wees.

Ashley Johnson keer van ’n skouerbesering terug en Drotské het besluit om Philip van der Walt en Lappies Labuschagné, wat teen die Luiperds begin het, as flanke te behou.

“Lappies het die seisoen ingekom en is die soort speler wat veroorsaak het dat ons vir hom moes plek maak,” het Drotské gesê.

“Lappies bied vir ons ’n ekstra lynstaanopsie en veral as baldraer gee hy ons baie momentum. Ek het geen twyfel dat hy dit as ’n nr. 6-flank kan maak nie.”

Die Ligbloues is onder druk en nog ’n nederlaag kan hul hoop op ’n halfeindstryd-plek nog ’n goeie opstopper gee.

Daarom sal hul lostrio, CJ Stander, Dewald Potgieter en Warwick Tecklenburg, nie kan slaplê nie.

Die spanne is

Vrystaat:
Hennie Daniller, Riaan Smit, Robert Ebersohn, Philip Snyman, Cameron Jacobs, Johan Goosen, Pieter van Zyl, Ashley Johnson, Philip van der Walt, Lappies Labuschagné, Izak van der Westhuizen, Francois Uys, Coenie Oosthuizen, Adriaan Strauss (k), Marcel van der Merwe. PLAASVERVANGERS: Hercu Liebenberg, Trevor Nyakane, Wilhelm Steenkamp, Boom Prinsloo, Tewis de Bruyn, Sias Ebersohn, Philip Burger.

Blou Bulle: Zane Kirchner, Akona Ndungane, Wynand Olivier, Francois Venter, Bjorn Basson, Louis Fouché, Jano Vermaak, CJ Stander, Dewald Potgieter, Warwick Tecklenburg, Juandré Kruger, Flip van der Merwe, Werner Kruger, Gary Botha (k), Dean Greyling. PLAASVERVANGERS: Willie Wepener, Rossouw de Klerk, Gerrit-Jan van Velze, Arno Botha, Dustin Jinka, Francois Brummer, Jurgen Visser.

Skeidsregter: Marius Jonker

Curriebeker op tv
Vandag
15:00: Haaie t. Pumas (SS 1 en M-Net).
17:05: Cheetahs t. Blou Bulle (SS 1, SHD en M-Net).
21:15: WP t. Luiperds (SS 6)*.
* nie regstreeks.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter
 
 

Lees meer oor: curriebeker  |  cheetahs  |  blou bulle  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 118,560.00

OPEL

CORSA 160iS PS AC
2007
R 111,872.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.