Bulle gebruik hul Bokke
2012-09-19 14:16
Pretoria – Jano Vermaak en Jacques Potgieter is in die Bulle se beginspan opgeneem vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen die Cheetahs op Loftus Versfeld in Pretoria, nadat hulle vroeër deur die Springbokke vrygestel is.
Vermaak se insluiting op skrumskakel, in die plek van Rudi Paige, is een van drie veranderings in die agterlyn.
Potgieter vervang CJ Stander, wat na die plaasvervangerbank skuif, op flank.
JJ Engelbrecht skuif vanaf vleuel na buitesenter om plek te maak vir Sampie Mastriet in die nr. 11-trui.
Die slot Franco Mostert en loskopstut Morne Mellet is ook in die vyftiental opgeneem nadat Grant Hatting en Dawie Steyn weens beserings moes onttrek.
Afskoptyd Saterdag is om 17:05.
So lyk die span:
15 Jürgen Visser, 14 Akona Ndungane, 13 JJ Engelbrecht, 12 Francois Venter, 11 Sampie Mastriet, 10 Louis Fouchè, 9 Jano Vermaak, 8 Arno Botha, 7 Jacques Potgieter, 6 Dewald Potgieter (kaptein), 5 Franco Mostert, 4 Wilhelm Steenkamp, 3 Werner Kruger, 2 Willie Wepener, 1 Mornè Mellett.
Plaasvervangers: 16 Bongi Mbonambi, 17 Frik Kirsten, 18 Cornell Hess, 19 CJ Stander, 20 Ruan Snyman, 21 Lionel Cronjè, 22 Ulrich Beyers.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24