Brits hernu Saracens-kontrak
2012-02-23 15:24
Londen – Die voormalige haker van die Stormers en die WP, Schalk Brits, het sy kontrak met die Premierliga-kampioene Saracens hernu, het die klub Donderdag op hul webtuiste aangekondig.
"Schalk word beskou as een van die sterre in die Premierliga. Ek glo nie daar is 'n klub in Europa wat nie 'n speler van sy vermoë in hul span wil hê nie. Ons is natuurlik baie verheug dat hy sy kontrak hernu het," het Saracens se direkteur van rugby, Mark McCall, gesê.
Brits het gesê: "Daar is beslis iets spesiaal wat tans by Saracens gebeur. Ek was nog nooit so gelukkig in my rugbyloopbaan nie."
Lees verder.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– ESPN