Brian O’Driscoll reg vir Bokke

2010-11-03 10:26
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die speler wat die Springbokke uiteindelik as buitesenter gaan kies vir Saterdag se rugbytoets teen Ierland in Dublin, kan hom maar solank voorberei op ’n lang dag.

Terwyl Suid-Afrika nog Dinsdag aan die skarrel was om ’n fikse senterpaar in die veld te kan stoot en selfs die moontlikheid in die gesig staar dat spelers uit posisie aangewend sal moet word, het Ierland besluit om hom op die 152 toetse te beroep wat Gordon D’Arcy en Brian O’Driscoll deel.

O’Driscoll (31) het betyds van ’n dyspierbesering herstel en sal sy land in toets nommer 104 verteenwoordig.

D’Arcy (30) gaan vir die 50ste keer ’n Ierse trui oor sy kop trek.

O’Driscoll het gister bevestig dat hy nie meer las van sy besering het nie.

“Die been voel goed.

“Ek het vandag voluit geoefen en strykdeur goed gevoel.

“Ek hou maar nou duim vas dat dit vir die res van die week so bly.

“Ek sien baie uit om weer ’n groen trui oor my kop te trek,” het O’Driscoll gister op ’n nuuskonferensie in Dublin gesê.

Ierland sal die opening van die herboude Lansdowne Road – nou bekend as die die Aviva-stadion – as ’n gulde geleentheid beskou om die beleërde Bokke streepsuiker te gee.

Tog is O’Driscoll versigtig om te veel in Suid-Afrika se vyf nederlae uit ses wedstryde in vanjaar se Drienasiesreeks te lees.

“Hulle het gesukkel, maar as jy kyk na die gehalte van die wedstryde waarin hulle betrokke was en hul vertonings aan die einde van die toernooi, was daar baie min tussen die spanne te kies,” het O’Driscoll gesê.

“Suid-Afrika sukkel ’n bietjie met beserings, maar het soveel diepte dat ek nie kan sien hoe ons teen ’n swak span gaan speel nie.

“Ek weet nie van te veel swak Bok-spanne wat al getoer het nie.”

Jonathan Sexton is bo die ervare Ronan O’Gara op losskakel gekies, terwyl Luke Fitzgerald vir die eerste keer in 12 maande op die vleuel terugkeer.

Fitzgerald, Tommy Bowe en Rob Kearney vorm die agterste driehoek.

Die slot Paul O’Connell, wat die Britse en Ierse Leeus verlede jaar na Suid-Afrika aangevoer het, is weens ’n liesbesering nie beskikbaar nie.

Mick O’Driscoll en Donncha O’Callaghan is die slotpaar.

Al waaroor die Iere wik en weeg is hul sewende plaasvervanger.

In hierdie stadium moet daar nog tussen Keith Earls, Andrew Trimble en Paddy Wallace besluit word.

Ierland se span is:

Rob Kearney, Tommy Bowe, Brian O’Driscoll (k), Gordon D’Arcy, Luke Fitzgerald, Jonathan Sexton, Eoin Reddan, Jamie Heaslip, David Wallace, Stephen Ferris, Mick O’Driscoll, Donncha O’Callaghan, Tony Buckley, Rory Best, Cian Healy.

PLAASVERVANGERS: Sean Cronin, Tom Court, Donnacha Ryan, Denis Leamy, Peter Stringer, Ronan O’Gara,Keith Earls/Andrew Trimble/Paddy Wallace.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 118,560.00

OPEL

CORSA 160iS PS AC
2007
R 111,872.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.