Brendan Venter laat wéér die tonge klap
2010-12-13 20:38
Kaapstad – Saracens se uitgaande direkteur van rugby, Brendan Venter, het Europese rugbybase gekap met 'n onderhoud wat die tonge laat klap oor sy £22 000 (sowat R240 000) boete vir opmerkings wat hy in die tweede ronde van die Heineken-beker gemaak het.
Venter het glo probeer om ná Saracens se 21-24 nederlaag Saterdag teen Racing Metro 'n bespotting van die Sky Sports-joernalis te maak deur elke vraag op 'n sarkastiese manier te ontduik.
Hy is in November beboet omdat hy die blaser geroskam het nadat Saracens teen Leinster verloor het.
Venter is geskors en sal na verwagting in 2011 na Suid-Afrika terugkeer.
– Sport24
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
Kyk hier na die video