Branco galop weer

2011-11-10 09:57
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die Blitsbok Branco du Preez was Woensdag hier pure perd toe die na­sionale sewesrubyspan teen die Ikeys in ’n oefenwedstryd gespeel het.

En as daardie proeflopie min anders as Du Preez se fiksheid en gehalte bewys het, kry die Bokke nogtans predikaat.

Die Internasionale Rugbyraad (IRR) se Sewes-wêreldreeks begin oor twee weke aan die Australiese Goue Kus.

Die Blitsbok-toergroep van 14 spelers daarvoor word Vrydag in Stellenbosch aangekondig, maar weens ’n wangbeenbesering sal Cecil Afrika die eerste toernooi misloop.

Hy is Suid-Afrika en die IRR se sewesspeler van die jaar en om ’n waardige plaasvervanger vir hom te kry, het tot verlede week onwaarskynlik gelyk.

Du Preez, ewe behendig as sweeper en losskakel, het sy enkel in Mei in Skotland beseer.

Nadat die voormalige WP-voorryman Johan van Wyk hom op ’n intensiewe rehabilitasieprogram gehad het, het dié blitsbuks vroeër vandeesweek weer kontak gevat en die Ikeys Woensdag laat bontstaan.

“Hy is darem maar in ’n ander klas, nê,” het die Blitsbok-breier, Paul Treu, aan Sport24 gesê.

Benewens sy gebruiklike take het Du Preez Woensdag moeiteloos van iedere voet afgetrap en nie gelyk soos iemand wat hom oor rou skete kwel nie.

Dit was nie net hy wat sy kans in hierdie “proefwedstryd” aangegryp het nie.

Die veteraan Chase Minnaar het ’n skitterende middag beleef. Hy het die vorige sewesreeks weens ’n motorfietsongeluk misgeloop en die spel het intussen baie verander.

Maar sy ondersteunende en taktiese spel en sy voorgevoel was Woensdag van die boonste rak. Daarmee het hy een van Treu se bekommernisse oor diepte voorlangs effens verlig.

Suid-Afrika het verskeie agterspelers van gehalte. Daar is ook ’n paar spelers in die groter groep wat voor én agter kan speel.

Maar?spesialis-voorspelers soos Frankie Horne, Kyle Brown en Boom Prinsloo is in die minderheid.

Minnaar het dalk net vir hom ’n plek in die groep na Australië oopgespeel.

Maar selfs al kry hy nie nou al die jawoord nie, behoort hy daarna in Doebai of Port Elizabeth te speel.

Die Blitsbok-kaptein, Kyle Brown, het ook gister die eerste keer in ’n wyle ’n stewige veldsessie gehad. ’n Kniebesering het hom tot nou in ’n sweetpak gehou.

Brown kan homself ongelukkig ag dat hy nie in die vorige reeks saam met Afrika ’n benoeming van die IRR ontvang het nie.

Treu sal nie baie afwyk van die groep wat die Londense en Skotse sewestoernooie in Mei gewen het nie.

Maar Cornal Hendricks kan moontlik een van die “hibriede” spelers wees wat sy eerste proesel oorsese rugby kry.

Hy het gister goeie oomblikke beleef, maar sal aan sy verdediging moet skaaf.

Treu se spelers pak die Maties Donderdag om 11:00.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 118,560.00

OPEL

CORSA 160iS PS AC
2007
R 111,872.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.