Botha dalk weer 'n Bul
2009-09-29 15:04
Johannesburg - Die bestuur van die Bulle het bevestig dat hulle in gesprek is met die voormalige Bulle- en Springbok-haker Gary Botha.
Botha se kontrak met die Harlequins in London verstryk Sondag.
"Ja, ons is besig om met Gary te onderhandel," het die Blou Bulle se sakebestuurder, Ian Schwartz, gesê.
"Gary is nog jonk en ons sal graag weer van sy dienste wil gebruik maak as hy by die Harlequins klaarmaak."
"Daar is egter nog nie 'n kontrak geteken nie," het hy gesê.
Die 27-jarige Wêreldbeker-wenner wat ook die kaptein van die Bulle was, is reeds onderweg na Suid-Afrika.
– Sapa