Boland verander vir stryd teen Griffons
2010-09-29 11:15
Kaapstad - Twee veranderinge is aan die Boland Kavaliers se beginspan gemaak vir die Eerste Liga Curriebeker-kragmeting Saterdag teen die Griffons in Wellington.
Nikolai Blignaut is terug in die beginspan nadat hy van ‘n enkelbesering herstel het. Hy sal Grant le Roux op slot vervang. Le Roux skuif na die plaasvervangersbank.
Clemen Lewis trek Vrydag weer die nommer twee trui oor sy kop ná hy verlede week teen Grens vanaf die plaasvervangerbank diens gedoen het. Die haker Andries Kruger, wat teen Grens in die beginspan was, tel nou onder die reserwes.
Die Kavaliers sal vol vertroue wees dat hulle die Griffons in die Boland-stadion kan klop ná agtereenvolgende seges oor SWD (38-33) en Grens (54-13).
Boland sal egter hul storie moet ken aangesien hulle lelik klei getrap het teen die einste Griffons, in die eerste helfte van die Curriebeker Eersteliga-kompetisie.
Vrydag se wedstryd tussen die Kavaliers en die Griffons skop 15:00 af in die Boland-stadion en sal op Supersport 1 uitgesaai word.
Boland se span is:
15. Jacquin Jansen; 14. Cornal Hendricks; 13. PJ Vermeulen; 12. Alex Kock; 11. Jeremy Plaatjies; 10. Willie le Roux; 9. Bolla Conradie; 8. Zandre Jordaan; 7. Braam Immelman; 6. Franzel September; 5. Hottie Louw; 4. Nikolai Blignaut; 3. Eusebio Guinazu; 2. Clemen Lewis; 1. Janro van Niekerk. Plaasvervangers: 16. Andries Kruger; 17. Charl du Plessis; 18. Grant le Roux; 19. Thor Halvorsen; 20. Neil Papier; 21. Brendon April; 22. Lionel Cornelius.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Nuus24