Boland help dalk met stutdiepte

2011-10-28 10:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die Boland-Kavaliers sal straks die Stormers se diepte op vaskopstut in 2012 aanvul indien hulle die voormalige Griekwas-stut Albertus Buckle ’n kontrak aanbied.

Die 28-jarige Buckle het verlede jaar nog vir die Poubloues gespeel en doen tans diens vir die Franse klub Biarritz.

Maar Sport24 verneem hy wil terugkom Kaap toe en dat die Kavaliers belangstel in dié oud-leerder van die Hoër Landbouskool Boland net buite Wellington.

Toe diepte op stut verlede jaar in die Stormers-kamp geneuk het, is Buckle ontbied, maar hy het nooit gespeel nie.

Hoewel hy nog nie ’n reuse-impak op senior rugby gemaak het nie, kan die Kapenaars baat vind deur by hul Super Rugby-vennoot aan te klop – natuurlik mits die Kavaliers Buckle kan bekostig.

Ook sy jonger broer, Chris, het vanjaar vir die Boland haker gespeel.

Nadat die Westelike Provinsie Saterdag in die halfeindstryd van die Curriebeker-reeks teen die Goue Leeus verloor het, het opnuut stemme opgegaan dat ’n belegging in ’n wêreldklas-vaskopstut nodig is.

Maar daardie spelers is skaars en boonop peperduur.

Voorts het Rassie Erasmus, senior professionele afrigter van die WP, Maandag gesê hulle is nie van plan om nou in ’n stut te belê nie, aangesien syne net beseer is en teen die Super Rugby-reeks gereed sal wees.

Die WP se stutte het vanjaar geweldig baie beserings gehad. Gevolglik moes Brok Harris enduit speel, sonder om, soos aanvanklik beoog is, ’n blaaskans te kry.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: boland-kavaliers  |  stormers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 118,560.00

OPEL

CORSA 160iS PS AC
2007
R 111,872.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.