Bokkies verander nege vir stryd teen Iere
2011-06-13 15:29
Kaapstad - Die Jong Bokkies se afrigter, Dawie Theron, het nege veranderinge gemaak aan die span wat Dinsdag teen Ierland by die Junior Wêreldtoernooi in Treviso, Italië uitdraf.
Suid-Afrika se o.20-span het die toernooi op 'n wennoot afgeskop toe hulle Skotland Vrydagaand met 33-0 in Padova verniel het.
"Dit gaan belangrik wees om te sien hoe die span wat vir Ierland gekies is, die druk van 'n wêreldbeker-toernooi verwerk," het Theron tydens Maandag se spanaankondiging gesê.
"Skotland het ons voorlangs getoets, maar die wedstryd teen Ierland gaan anders wees, hulle is goed met bal in hand," het die breier bygevoeg.
Afskoptyd Dinsdagaand is 20:10.
So lyk die span:
15. Ulrich Beyers, 14. Courtnall Skosan, 13. Bradley Moolman, 12. Francois Venter, 11. Wandile Mjekevu, 10. Johan Goosen, 9. Lohan Jacobs, 8. Arno Botha (kaptein), 7. Cornell du Preez, 6. Nizaam Carr, 5. Eben Etzebeth, 4. Ruan Venter, 3. John Roy Jenkinson, 2. Micheal van Vuuren, 1. Stephan Kotze.
Plaasvervangers: Bongi Mbonambi, Nic Schonert, Jean Cook, Siyamthanda Kolisi, Pieter Rademan, John Welthagen, Paul Jordaan.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24