Bokke se WB-afskoptye bekend
2010-09-16 12:02
Johannesburg – Suid-Afrikaners hoef nie te vroeg uit die vere te wees om aanstaande jaar se Wêreldbeker-rugbywedstryde in Nieu-Seeland, op televisie te volg nie nadat die Internasionale Rugbyraad (IRR) die afskoptye bekend gestel het.
Die Bokke sal gewoond moet raak aan aandwedstryde aangesien die meeste van hul groepwedstryde geskeduleer is vir ‘n 20:30 afskop.
Dié aandwedstryde beteken dat Suid-Afrikaners om 10:30 soggens voor die kassie kan regskuif.
Die Bokke begin hul Wêreldbeker-veldtog teen Wallis op 11 September in Wellington voor hulle Fidji op 17 September pak.
Vyf dae later draf SA teen sy buurland, Namibië, in North Harbour uit voordat hulle teen Samoa in die laaste groepwedstryd op 30 September speel.
As die Springbokke eerste in hul groep eindig, behoort hulle teen Ierland of Australië (die span wat tweede in Groep C eindig) in die kwarteindronde te speel.
Die Wêreldbeker-openingswedstryd sal op 9 September tussen die All Blacks en Tonga plaasvind.
Die Springbokke sal tydens die sewe week lange toernooi in Wellington, Taupo en Auckland woon.
Springbok Groep D afskoptye:
Sondag, September 11 - SA t Wallis, Wellington 10.30
Saterdag, September 17 - SA t Fidji, Wellington - 8:00
Donderdag, September 22 - SA t Namibië, North Harbour - 10:00
Vrydag, September 30 - SA t Samoa, North Harbour - 10.30
Kwarteindronde:
Saterdag, Oktober 8 - kwarteindronde 1, Wenner Groep teen tweede plek Groep D, Wellington - 08:00
Sondag, Oktober 9 - kwarteindronde 3, Wenner Groep D teen tweede plek Groep C, Wellington - 08:00
Halfeindronde:
Saterdag, Oktober 15 - halfeindronde 1, Auckland - 11:00
Sondag, Oktober 16 - halfeindronde 2, Auckland - 11:00
Eindstryd:
Sondag, Oktober 23 - Eindstryd, Auckland - 11:00
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24