Morné Steyn weggelaat vir Eng-toets
2012-11-21 12:19
Kaapstad – Heyneke Meyer het 'n onveranderde beginspan aangekondig om die Engelse Saterdag op Twickenham aan te durf.
Die enigste veranderings is op die plaasvervangerbank, waar Pat Cilliers die beseerde CJ van der Linde vervang en Elton Jantjies bo die ervare Morné Steyn as reserwe-losskakel gekies is.
Die Bokke is gelukkig om vir Eben Etzebeth in die beginspan te hê ná die vurige slot onskuldig bevind is op 'n klag van oogkrappery.
JP Pietersen is ook in die beginspan ingesluit ná hy vroeër die week met 'n besering gesukkel het.
Francois Hougaard behou sy plek in die nr. 11-trui na berigte die ronde gedoen het dat Lwazi Mvovo dalk 'n kans in die beginspan kan kry.
Afskoptyd is Saterdag om 16:30.
So lyk die span:
15. Zane Kirchner, 14. JP Pietersen, 13. Juan de Jongh, 12. Jean de Villiers (k), 11. Francois Hougaard, 10. Pat Lambie, 9. Ruan Pienaar, 8. Duane Vermeulen, 7. Willem Alberts, 6. Francois Louw, 5. Juandré Kruger, 4. Eben Etzebeth, 3. Jannie du Plessis, 2. Adriaan Strauss, 1. Gurthrö Steenkamp.
Plaasvervangers: 16 Schalk Brits, 17 Heinke van der Merwe, 18 Pat Cilliers, 19 Flip van der Merwe, 20 Marcel Coetzee, 21 Elton Jantjies, 22 Jaco Taute 23. Lwazi Mvovo
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24