Bokke ondersteun Bees
2010-08-30 19:02
Pretoria – Die Springbokke het hul ondersteuning aan die Blou Bul-stut Bees Roux, wat Maandag op ‘n aanklag van moord in die hof verskyn het, getoon.
Afrigter Peter de Villiers, wat nie die aksie as verskoonbaar afgemaak het nie, het aan joernaliste gesê dat die saak binne die konteks van die nasionale span bespreek is en dat dit ‘n “tragiese” gebeurtenis was.
Verskeie van die huidige Springbokke is spanmaats en vriende van Roux, wat Vrydag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem is vir die vermeende moord op ‘n metropolisielid.
Roux het Maandag in die hof verskyn.
Lees meer by Supersport
Bly op hoogte van la die jongste sportnus deur Nuus24Sport op Twitter te volg