Bokke moet pasop vir die Skotte

2010-11-20 08:00
Tweets Share Share line Print

Edinburg - Daar is min groter clichés in rugby as om te sê ’n span durf nie oorgerus wees nie, maar die Springbok-rugbyspan durf Saterdag inderdaad nie oorgerus wees nie.

Daar kan om twee voor die hand liggende redes in die strik getrap word: Skotland het verlede week met 3-49 teen Nieu-Seeland verloor en vandag se stryd is op Murrayfield.

Die blote verwysing na dié veld bring ’n glinster na ’n Suid-Afrikaanse ondersteuner se oog, met die sege van 44-0 in 1951 wat steeds as ’n hoogtepunt in die Springbok-sage pronk.

Nick Mallett se Springbokke het die rekordboeke in 1997 herskryf met ’n weghol-oorwinning van 68-10, maar dis eerder die onlangse verlede wat vandag in berekening gebring moet word.

Verlede naweek se nederlaag was eintlik Skotland se enigste in sy laaste vyf wedstryde. Voor dit was daar ’n reekssege in Argentinië, ’n oorwinning oor Ierland in Dublin en ’n gelykopstryd teen Engeland in Edinburg.

Diegene wat dus dink die Skotte beskik nie oor die vermoë om op ’n gegewe dag mededingend te wees nie, is op ’n dwaalspoor.

Moet geen fout maak nie: die Skotte is ook hoogs gemotiveerd en wil sake regstel teen die Bokke. Hiervoor het die Skotte se breier, Andy Robinson, vir hom ’n groot pak voorspelers gekies.

Wat die Bokke betref, is hulle weer besig om hul voete te vind. Die oorwinnings oor Ierland en Wallis was bemoedigend bloot omdat Suid-Afrika aan die wenkant was, maar die ontbrekende bestanddeel bly beheer.

’n Mens wil nie eintlik oorwinnings op hierdie vlak aan geluk toeskryf nie, maar as Ronan O’Gara se doelskop ’n sentimeter na links was, sou Suid-Afrika moes verduidelik hoe hy ’n voorsprong van 23-9 binne 10 angswekkende minute weggesmyt het. En dan was daar Cardiff, waar Suid-Afrika ’n nagmerrie van ’n eerste helfte beleef het, maar uiteindelik ’n agterstand van 11 punte uitgewis het om met 29-25 te wen.

Tog was daar weer eens nie beheer nie – nie in die eerste helfte toe Suid-Afrika se verdedigingslyn herhaadelik oopgekloof is nie, en ook nie in die doodsnikke toe die Springbokke desperaat moes keer nie.

Wat die Bokke hulself en die ondersteuners skuld, is ’n kliniese vertoning waar die intensiteit vir die volle 80 minute volgehou word en die uitvoering akkuraat is. Die laaste keer dat dit vanjaar gesien is, was teen Frankryk op Nuweland.

Die Bokke het vandeesweek gepraat oor hul ambisie om besit meer te koester, maar Skotland se vuur sal eerstens voor geblus moet word.

Met Nathan Hines op die flank en twee Britse Leeus in die voorry, is dit duidelik dat die tuisspan Suid-Afrika in die vaste fasette die stryd wil aansê.

Die tuisspan se skakelpaar van Rory Lawson en Dan Parks sal waarskynlik ook die Springbokke se betreklik onervare agterste driehoek met taktiese skopwerk op die proef stel.

Vir Suid-Afrika is die uitdaging om vroeg al sy stempel af te druk eerder as om soos in Cardiff vir die tweede helfte te wag.

Skotland se eer is verlede naweek gekrenk en daarom sal die Skotte van meet af aan begeesterd wees. Tog bly dit maar net ’n situasie waar Suid-Afrika sy kaarte reg moet speel.

As ’n mens die spanne opweeg, is dit moeilik om te sien hoe die Bokke nie kan wen nie.

Maar die geheim vir hulle is juis om nie met daardie ingesteldheid uit te draf nie, anders is daar vanmiddag dalk net perde op Murrayfield.

- Die Burger

Lees meer oor: rugby  |  springbokke  |  sport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 118,560.00

OPEL

CORSA 160iS PS AC
2007
R 111,872.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.