Bokke maak indruk met hul skrumwerk

2010-06-21 12:40
Tweets Share Share line Print

Koerantopskrifte was Sondag onvleiend oor die Springbokke se gesukkel Saterdag toe die Wêreldkampioen so hortende, stortende, hikkende ’n moedige span van Italië met 29-13 ondergesit het.

Maar die waarheid is dat hierdie wedstryd reeds vanoggend bloot statistiese betekenis het. Die Azzurri sal waarskynlik iets hieruit kon put – hulle het veggees getoon en ’n verwagte slagting afgeweer, wat beteken hulle kan aanstaande seisoen hoër begin mik teen Sesnasies-teenstanders.

Met Suid-Afrikaanse rugby op die kruin van ’n golf, dien hierdie Junie-toetse deesdae amper as Wêreldbeker-proefwedstryde en vir spelers wat amper almal hul slag oor die vorige drie weke getoon het teen Frankryk op Nuweland, teen Wallis in Cardiff en teen mekaar in Soweto, moes motivering ’n onbegonne taak gewees het.

Ironies genoeg beteken dit natuurlik dat motivering minder vir die tweede toets in Oos-Londen sal makeer, maar ’n mens kan van niemand verwag om weekliks gemoedere gaande te maak nie. Dat die besoekers in hul noppies was met ’n vertoning waartydens hulle net vier drieë afgestaan het, verduidelik die hele okkasie perfek.

Die Springbokke se eerstefase-spel was uitstekend, met die skrumwerk weer indrukwekkend en in hierdie geval ook die enigste aspek van die wedstryd waarin die Azzurri as ’n werklike toets bestempel kan word.

Martin Castrogiovanni is weliswaar ná sowat 25 minute met ’n besering van die veld, maar kon nie in sy tyd op die veld hond haaraf maak teen Gurthrö Steenkamp nie en dié loskop groei weekliks in statuur. So ook Jannie du Plessis, wat ná die 2009-seisoen, wat hy hoofsaaklik op die reserwebank deurgebring het, weer soos ’n meneer speel; en Chiliboy Ralepelle wat die afgelope twee Saterdae sweerlik die meeste skeptici oortuig het die afrigters het niks uit hul duime gesuig oor hom nie.

Gesien dat ’n mens ’n amper ewe goeie agttal uit hul Bok-kollegas kan saamstel, was dié een se vertoning dwarsdeur die geledere puik. Bakkies Botha het met mening na die toetsveld teruggekeer, terwyl Francois Louw en Dewald Potgieter nogmaals klipharde, doeltreffende inklim-vertonings gelewer het.

Agterlangs het daar maar min aangegaan, maar Morné Steyn het kalm en oordeelkundig vertoon. G’n span sal nie die verlies van Fourie du Preez voel nie, maar Steyn raak stadig maar seker ’n generaal soos sy Bulls-skakelmaat.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: springbokke  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

David sê... Barend Die papsakkers is eintlik die tuiste vir die 'newwir wozzers'. 'n 'Has been' is te skaam om in passiongapland te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Professional MY10
2011
R 149,950.00

VOLKSWAGEN

Polo Sedan 1.4 Comfortline
2011
R 176,999.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.