Bokke kan óók vuur spoeg

2010-06-05 09:10
Tweets Share Share line Print

Die Burger

CARDIFF - Die hele week in die Walliese hoofstad was daar praatjies van hoe verswak die Springbok-rugbyspan kwansuis is wat Saterdagmiddag hier teen Wallis te staan kom, maar sulke praatjies pas waarskynlik perfek in die kraam van die Bok-leierskap wat geen probleem sal hê om hul spelers te motiveer om vinger te trek nie.

Die toets, laat ons maar eerlik wees, is eintlik net ’n kans om ’n ekstra geldjie te verdien vir die SA Rugbyunie en sy Walliese eweknie. Om jou stadion se tiende verjaardag op sy elfde verjaardag te vier, is immers ’n stommiteit wat geen ander verduideliking kan duld nie.

Maar vir die manne wat Saterdag in Groen-en-Goud uitdraf, bied dit ’n rare geleentheid om ’n behoorlike kleim af te steek met die oog op aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi waarvoor Peter de Villiers en sy keurders gewis meer as 22 goeie spelers nodig het.

Die Walliesers, weer, het self die Wêreldbeker in hul agterkoppe en wil ’n sege oor Suid-Afrika op hul getuigskrif kan sit alvorens hulle vir twee toetse Nieu-Seeland toe vertrek. Hier besef hulle ’n relatief suksesvolle toer deur Nieu-Seeland sal hul moreel ’n broodnodige hupstoot gee as die Rooi Drake ’n skoot ’n einde wil bring aan die beteuterdheid wat amper al hul Wêreldbeker-veldtogte tot dusver gekenmerk het.

Sogenaamde “B”-span al dan nie – as hierdie Bok-kombinasie in vanjaar se Sesnasies-reeks deelgeneem het, sou dit gewis aansienlik beter gevaar het as die vierde plek waarmee Wallis tevrede moes wees.

Nou ja, as die hond nie gaan sit het nie, het hy die haas gehad, soos die oumense sê, en die enkele ding wat die Springbokke vandag die kwaaiste gaan belemmer, is die bloedweinig tyd waartydens hulle saam kon oefen. Feitlik al die Bok-kombinasies is nuut vir mekaar en die enigste twee wat nie is nie – die senters en die slotte – sien ook maar net so daar uit omdat Andries Bekker sy rug beseer het en die Engelse Premier Rugby uit sy pad gegaan het om Butch James se deelname aan die toets in die wiele te ry.

Die lostrio van Francois Louw, Dewald Potgieter en Joe van Niekerk lyk op die oog af uitstaande. Drie manne wat lief is vir donkiewerk en goed na die bal speel, maar terselfdertyd ook nie sleg lyk as hulle die ding onder die arm kry en op loop sit nie.

’n Lostrio, soos ’n rugbyspan, is egter veel meer as die som van sy lede en ’n deeglik saamgesnoerde kombinasie middelmatige spelers is dikwels ’n haastig saamgeflanste groepie sterre een oor. Hoe dikwels is sogenaamde “Wêreldspanne” waarlik beter as ’n skaflike provinsiale span? Amper nooit nie.

Hoewel Wallis dus waarskynlik as gunsteling moet uitdraf, is daar ’n hele paar redes om te glo dat hy sy moses kan teëkom in die Millennium-stadion.

Die eerste is die Springbokke se vaste vyf.

Die voorry van CJ van der Linde, John Smit en BJ Botha lyk na ene wat ’n puik grondslag kan lê teen Wallis se ontwrigte weergawe, terwyl Victor Matfield die wêreld se voorste slot bly en die lynstane waarskynlik klopdisselboom sal verloop. Met ’n lostrio baljagters tot hul beskikking, kan ’n mens dus aanvaar dat die Bokke genoeg goeie besit kan kry.

Agterlangs is daar talle opwindende moontlikhede, maar daar kan ook probleme kom tussen die relatief ongetoetste 10-12-kombinasie van Ruan Pienaar en Juan de Jongh, veral teen hul geoliede teenstand. Sowel Pienaar as De Jongh se talent is ongetwyfeld yslik, maar hulle had ’n skamele twee dae om mekaar op die oefenveld gewoond te word en Ricky Januarie (skrumskakel) en Jaque Fourie (buitesenter) het ’n groot verantwoordelikheid om goed na hul groener kollegas om te sien.

Wallis se grootste sterkpunt is einste daai middelveld van hom en dis waar dit vandag maak-of-breek sal wees.

Elf jaar voor hierdie tiende verjaardag was dit einste waar Wallis sy eerste en enigste oorwinning tot dusver oor Suid-Afrika kon behaal. Tydens daai openingsdag het ’n yslike stuk beton uit die toe nog onvoltooide stadion geval. ’n Bok-oorwinning vandag kan ’n veel groter krisis in Cardiff ontketen as halfgebakte messelwerk.

- Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: rugby  |  springbokke

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 118,560.00

OPEL

CORSA 160iS PS AC
2007
R 111,872.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.