'Bokke beter' - NZ breier
2009-08-01 21:59
Durban - Graham Henry, breier van die All Blacks, het die Springbokke geloof vir hul oorwinning vanaand op Durban.
Volgens hom was die Bokke nog beter as verlede week. Hy het hul vertoning as "fantasties" beskryf.
Die Springbokke het die Kiwi's 31-16 verslaan en sodoende hulself bo aan die Drienasies-ranglys gevestig.
Dit was die tweede week in 'n ry wat die All Blacks moes klippe kou, en Henry het vir Peter De Villiers en John Smit geluk gewens. Hy het bygevoeg sy span sal moet leer om onder druk te presteer.
"Ek het gedink die Suid-Afrikaners het uitstekend gespeel." het hy gesê.
"Ek wil graag vir Peter en John en hul span geluk wens. Ek het gedink hulle was fantasties vanaand - nog beter as verlede week, wat dinge moeilik vir ons gemaak het."
- Sapa