Bokbelaaide WP kan Leeus op tuisveld klop

2011-10-17 10:04
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die o.19-, o.21- en Curriebeker-rugbyspanne van die Westelike Provinsie speel in die naweek in die halfeindronde van hul onderskeie reekse.

En hoewel die senior Streeptruie deur ’n klompie spelers wat nog nat agter die ore was in die posisie geplaas is om te kwalifiseer, het hul breier, Allister Coetzee, Saterdag ná hul sege van 43-18 oor die Pumas gesê “ons weet Kaapse ondersteuners soek ongeag die omstandighede ’n tuishalfeind”.

Die WP reis egter as die vierde span op die Curriebeker-puntelys Johannesburg toe om die Goue Leeus die tweede keer in twee weke die stryd aan te sê.

Hoewel die Streeptruie uiteraard ’n tuishalfeindstryd sou verkies, is hulle straks in ’n beter posisie as enige van die ander spanne in die halfeindronde.

Die Vrystaat lê in Durban by die Haaie besoek af en laasgenoemde se groep is stewig gelaai met Wêreldbeker-Springbokke.

Die Leeus is nie. Butch James is wel daar, maar sal vanweë Elton Jantjies se uitstekende Curriebeker-reeks straks as Doppies la Grange se sentermaat moet diens doen – teen Jean de Villiers, Jaque Fourie en Juan de Jongh.

Die Leeus se enigste ander Springbok is CJ van der Linde. Maar hy was nie deel van die Gautengers se strukture sedert hy daar ’n kontrak onderteken het nie.

Voorts het die Leeus in die naweek met ’n amperse B-span teen die Haaie pak gekry. Hul breier, John Mitchell, wou sy diepte daarmee uitbou sonder om momentum prys te gee. Net tyd sal leer of daardie plan gewerk het – volgens die telbord het dit nie.

Die WP sal effens bekommerd wees oor die wyse waarop die Pumas hom in die vaste fasette opgekeil het.

Maar met ses Bokke terug en die herinneringe aan ’n mislukte poging teen die Leeus maar ’n week oud, behoort hulle beter voorbereid te wees vir die halfeindstryd. Dis nou wel vooruitpraat, maar as die Vrystaat en die Haaie mekaar soos gewoonlik aan die keel gryp en indien die WP volgens sy vermoë speel, kan die Kapenaars bes moontlik teen ’n krank span in die eindstryd speel.

“Maar moenie die Leeus onderskat nie,” het Coetzee sy span gewaarsku.

“Die Leeus is geweldig fiks. Dit is een van hul grootste bates op die Hoëveld en iets wat ons laas gevang het.”

Die WP-kaptein, Jean de Villiers, het erken dat sy span nog skaafwerk moet doen:

“Hierdie was nie ’n mooi wen teen die Pumas nie. Maar dit het ons ’n halfeindstryd besorg – meer as wat die Bokke kan sê.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 118,560.00

OPEL

CORSA 160iS PS AC
2007
R 111,872.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.