Blou Bulle stormloop Pumas
2010-07-09 21:33
Pretoria – Die Blou Bulle het die nuwelinge aan die Absa Curriebeker gewys wie is baas toe hulle die Pumas 38-15 geklop het op Loftus Vrydagaand.
Die verdedigende kampioene, wat sonder 15 Springbokspelers moes klaarkom, het vyf drieë aangeteken om vroeg reeds 31-3 voor te loop. Maar die Pumas het onverpoos teruggeveg om voor halftyd ook ‘n drie te druk.
Die skeidsregter, Stuart Berry, was hard op die Blou Bulle en daar sal verseker heelwat frustrasie vanaand in die Bulle se kamp wees oor die wyse waarop hulle gepenaliseer is.
Puntemakers:
Blou Bulle:
Drieë:
John Mametsa (2)
Stefan Watermeyer
Dean Greyling
Stephan Dippenaar
Deon Stegmann
Doelskoppe:
Jacques-Louis Potgieter (3), Francois Brummer
Pumas:
Drieë
Tian Meyer
Alistair Kettledas
Doelskoppe:
Ricardo Croy
Strafskoppe:
Croy
Blou Bulle:
15 Jaco van der Westhuyzen, 14 Gerhard van den Heever, 13 Stephan Dippenaar, 12 Stefan Watermeyer, 11 John Mametsa, 10 Jacques-Louis Potgieter, 9 Ruan Snyman, 8 Gerrit-Jan van Velze, 7 Derick Kuün, 6 Deon Stegmann, 5 Fudge Mabeta, 4 Flip van der Merwe, 3 Werner Kruger, 2 Gary Botha (c), 1 Dean Greyling.
Subs: 16 Bandise Maku, 17 Bees Roux, 18 Juandre Kruger, 19 CJ Stander, 20 Danie Faasen, 21 Francois Brummer, 22 Hayden Groepes.
Pumas:
15 Carl Bezuidenhout, 14 Du-Wayne Smart, 13 Ashwin Scott, 12 Jevon Botha, 11 Shaun Venter, 10 Ricardo Croy, 9 Tian Meyer, 8 Junior Bester, 7 Eduan van der Walt, 6 Corné Steenkamp, 5 Marius Coetzer, 4 Luhan Velthuizen, 3 Ashley Buys, 2 Hannes Franklin (c), 1 Dawie Steyn.
Subs: 16 Torsten van Jaarsveld, 17 Ronnie Uys, 18 Willem Serfontein, 19 Doppies le Roux, 20 Jacques Coetzee, 21 Elgar Watts, 22 Alistair Kettledas.
Lees meer hier.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- SAPA