Blitsige Nokwe terug in Oos-Kaap

2011-11-12 08:32
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Een van die Oostelike Provinsie se verlore seuns sal in 2012 sy geboorteprovinsie op die rugbyveld verteenwoordig.

Die Springbok-vleuel Jongi Nokwe het ’n kontrak van ’n jaar met die Oostelike Provinsie-Kings gesluit.

’n Kringloop in dié boorling van Ngxalawe in die Oos-Kaap se lewe is nou voltooi en hy wil sy rugbyloopbaan in Port Elizabeth weer op koers kry. Nokwe se kontrak met die Vrystaat het einde Oktober verstryk.

Die Cheetahs probeer egter steeds om die 29-jarige Nokwe se dienste vir volgende jaar se Super Rugbyreeks te bekom, maar daarvoor sal die Kings toestemming moet gee.

Sport24 het onlangs berig dat die Kings Nokwe wil kontrakteer en dat hy ’n paar weke gelede fiksheidstoetse in die Baai afgelê het. Naka Drotské, die Vrystaat se afrigter, het ook gesê sy begroting laat dit nie toe om dié vleuel te behou nie.

Hawies Fourie, agterlyn-afrigter van die Cheetahs, het gesê hy is bly om Nokwe se onthalwe. “Hy het ’n geleentheid om weer sy rugby by die Kings op koers te kry,” het hy gesê.

Dié breier hoop die Cheetahs kan ’n ooreenkoms met die Kings bereik sodat Nokwe steeds volgende jaar Super Rugby vir die sentrale streekspan sal speel.

Die blitsige Nokwe, van die voormalige Ciskei, het nie in 2011 vir die Cheetahs uitgedraf nie. Hy het in September verlede jaar die ligamente in sy linkerknie geskeur en dié besering het verhoed dat hy vanjaar Super Rugby of Curriebeker-rugby in die Premierliga speel.

Dié Springbok was teen die einde van 2011 se Curriebeker-reeks byna heeltemal fiks en het as Vrystaat-leenspeler vir die Griffons in die reeks se Eerste Liga uitgedraf.

Sy peil was toe nog nie na wens nie en daarom het hy eers weer hier aan sy kondisionering gewerk.

Die vleuels in die Cheetahs se voorlopige Super Rugbygroep is Rayno Benjamin, Cameron Jacobs, Philip Burger, Rocco Jansen en Dusty Noble. Ander agterspelers wat ook op vleuel ingespan kan word, is Riaan (True Blue) Smit, Wilmaure Louw, Nico Scheepers en Philip Snyman. 

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: jongi nokwe  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 118,560.00

OPEL

CORSA 160iS PS AC
2007
R 111,872.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.