Blitse saam met Samoa geloot
2012-12-10 14:24
Johannesburg – Suid-Afrika is saam met Wallis, Samoa en Kanada in Groep C vir die Internasionale rugbyraad (IRR) se sewestoernooi in Wellington geloot.
En die gasheerspan Nieu-Seeland is saam met Amerika, Engeland en Spanje in Groep A vir die sewestoernooi wat in Februarie afskop, het die IRR Maandag bevestig.
Frankryk, wat die naweek teen die Kiwi's in die eindstryd van die Port Elizabeth-toernooi vasgeval het, sal teen Argentinië, Kenia en Tonga in Groep B speel terwyl Groep D uit Portugal, Fidji, Australië en Skotland bestaan.
Die Blitsbokke is tans vierde op die sewespunteleer agter Nieu-Seeland, Frankryk en Fidji nadat die span die bronsmedalje in Port Elizabeth gewen het.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24