Blitse in taai groep vir PE-sewes
2012-12-03 10:23
Johannesburg – Suid-Afrika is die afgelope naweek saam met sterk spanne vir die derde ronde van die Internasionale rugbyraad (IRR) se sewesreeks in Port Elizabeth geloot.
Die Blitsbokke sal teen Samoa, wat die Doebai-toernooi Saterdag gewen het, Frankryk en Australië in Groep A in Port Elizabeth speel.
Suid-Afrika het Saterdag met 14-10 teen Argentinië in die eindstryd van die Skildtoernooi verloor en is tans in die sesde plek op die wêreldreeks se punteleer.
Die groepe vir die Nelson Mandelabaai-toernooi, wat op 8 Desember afskop, is:
Groep A: Samoa, Frankryk, Suid-Afrika, Australië
Groep B: Nieu-Seeland, Fidji, Skotland, Engeland
Groep C: Kenia, Wallis, Argentinië, Spanje
Groep D: Portugal, Kanada, Amerika, Zimbabwe
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24