Blitsbokke saam't Aussies in groep vir ‘afskop’

2011-11-08 08:57
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – ’n Goue begin oor die tuisspan aan die Australiese Goue Kus sal vir die Blitsbokke ’n blink afskop in die Wêreld-sewesreeks verseker.

Die Blitsbokke is Maandag saam met onder andere Australië in Groep B ingedeel vir die Goue Kus-toernooi wat op 25 November begin en die Internasionale rugbyraad se reeks vir die 2011-’12-seisoen inlui.

Drie toernooiseges in die vorige reeks het Suid-Afrika algeheel tweede laat eindig.

Gevolglik is hy en die reekswenner, Nieu-Seeland, Maandag outomaties as die top-spanne in Groepe B en A geloot. Die lande wat tussen derde en agtste geëindig het, se name is toe getrek om die eerste twee spanne in elk van die vier groepe te bepaal. Só het Suid-Afrika en Australië in dieselfde groep beland.

Die Aussies het die vorige reeks as ’n vroeë gunsteling begin. Hulle het ’n uitstekende span gehad, maar sy jeugdigheid het hom eindelik ingehaal.

Die Blitsbokke behoort die Aussies voor hul eie mense wel op hul gevaarlikste aan te tref.

Die ander twee spanne in groep B is Japan en Amerika. Die Yanks word deur Al Caravelli afgerig en hoewel hy nie dieselfde spelerarsenaal het nie, dink hy en Paul Treu van Suid-Afrika baie dieselfde oor sewesrugby.

Dit maak hom as breier gevaarlik, maar sy span behoort nie die skietgoed te hê om die Bokke te laat struikel nie. Dieselfde geld Japan, hoewel daardie kêrels uiters fisiek en vaardig is – en dít sonder ’n stewige kontingent Kiwi’s in hul geledere.

Hoewel daar weinig maklike wedstryde in hierdie reeks is, sal die Blitsbokke die lewe vir hulle draagliker maak deur Australië reeds op die eerste dag te klop.

Die wenner van Groep B pak die span wat tweede geëindig het in Groep C in die kwarteindronde en omgekeerd. Samoa behoort Groep C te wen, met Frankryk of Argentinië wat ook die kwarteind sal haal. Samoa is stuitbaar, maar ’n fisiek veeleisende teenstander voor ’n halfeindronde en die eindstryd op dieselfde dag.

Die volledige loting is:

Groep A: Nieu-Seeland, Fidji, Kenia, Niue.
Groep B: Suid-Afrika, Australië, Amerika, Japan.
Groep C: Samoa, Argentinië, Frankryk, Papoea Nieu-Guinee.
Groep D: Engeland, Wallis, Skotland, Tonga.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24
 

Lees meer oor: sewesrugby  |  blitsbokke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 118,560.00

OPEL

CORSA 160iS PS AC
2007
R 111,872.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.