Blitsbokke 7de ná teleurstelling in NS

2010-02-08 08:52
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Die Blitsbokke sal, gemeet aan die huidige vorm van spanne soos Fidji, Samoa en Nieu-Seeland, vanjaar sukkel om hul kroon suksesvol in die Internasionale Rugbyraad se Sewesreeks te verdedig.

Nieu-Seeland is ná die toernooie in Doebai, George en Wellington met 64 punte die huidige voorloper, gevolg deur Fidji met 60 en Samoa met 46.

Die Blitsbokke is met 24 punte slegs in die sewende plek. Suid-Afrika lyk in die afwesigheid van sterre soos ­Lionel Mapoe, Philip Snyman en Robert Ebersohn nie opgewasse vir die grotes in dié weergawe van die spel nie.

’n Bewys daarvan was die wyse waarop Australië die Suid-Afrikaners Saterdag in Wellington in die Plaat-eindstryd geklop het.

Nadat die Blitsbokke rustyd met 17-7 voorgeloop het, het die Aussies in die tweede helfte hul tempo verhoog om met 26-22 te seëvier.

Foute op kritieke tye in dié wedstryd het die Blitsbokke duur te staan gekom.

Dit is duidelik dat die Suid-Afrikaners een of twee ware spelbrekers nodig het ten einde in die oorblywende toernooie saam met die groot honde te blaf.

Suid-Afrika is in Wellington in die kwarteindstryd met 21-5 deur Fidji uitgeskakel wat die Blitsbokke fisiek byna geboelie het.

Fidji het voortgegaan om die titel te verower deur Samoa met 19-14 in die eindstryd te klop.

Suid-Afrika ding eerskomende naweek in Las Vegas in dieselfde groep as Kanada, Amerika en Fidji mee.

Paul Treu, hoofafrigter van die Suid-Afrikaanse span, sal op die knoppies van senior spelers soos Frankie Horne, Mzwandile Stick en Ryno Benjamin druk wat die afgelope tyd nie juis die wêreld aan die brand gespeel het nie.

Spelers soos die opwindende Cecil Afrika moet Treu nietemin moed gee.

– Beeld

Lees meer oor: sewes rugby

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Kokkie sê... Sjoe, die gate in die Kings -span word darem met 'n klomp ou patches gelap....van die afrigter af tot by Tiger op heelagter. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ 5-dr
2011
R 139,990.00

FORD

Fiesta 1.6 TDCi Trend 3-dr Dsl MY06
2006
R 109,995.00

TOYOTA

Hilux 2.7 VVT-i RB Raider PU MY09
2011
R 229,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.