Blits-trane

2011-12-04 07:04
Tweets Share Share line Print

Dubai – Ai tog, Blitse. Dít is mos nie soos ons julle leer ken het nie.

Suid-Afrika het hier by die Emirates Airlines-toernooi met nederlae teen Frankryk en Au­stralië, maar ’n sege oor Wallis, behoorlik soet-en-suur rugby gespeel.

Ná Vrydag, toe die span sy verpligtinge in groep B onoorwonne en op indrukwekkende wyse afgesluit het, is heelwat Saterdag verwag en was die Blitsbokke onder die groot gunstelinge om ’n vierde toernooi-titel in Dubai te wen.

Maar die Blitse het reeds in die kwarteindstryd, hul eerste wedstryd vir die dag, teen Frank­ryk vasgeval.

Dié 5-19-nederlaag het boonop vir Kyle Brown en sy manne gevlei, want dit was een van daardie onverklaarbare vertonings.

Die span het 8 van sy 20 duikslae gemis en soos verlede week in Australië tydens die Internasionale Rugbyraad se openingstoernooi vir sy 2011/12-seisoen, ’n beheptheid met kontak, eerder as spasie, gehad.

Hulle is oordonder deur ’n span teen wie hulle verlede week kon seëvier.

In hul volgende wedstryd, teen Wallis in die halfeindronde van die Plaat-kompetisie, was die Blitse weer, wel blitsig.

Weg was die beheptheid met kontak maak en is spasie en spoed gebruik om die Walliesers met 22-7 te verslaan.

Dit het die Blitse teen Australië te staan laat kom in die eindstryd van die Plaat-kompetisie.

Gegewe die Blitse se dubbeldoor-sege oor die Aussies verlede week en hul spelpeil teen Wallis, was daar weer hoop.

’n Puik drie, in die laaste sekondes van die wedstryd deur die Aussies se Lewis Holland, het egter die Blitse dié titel gekos. Holland het goed 60 meter deur die Blitse se wanhopige en flouerige duikslae gebars om sy span met 17-14 te laat wen.

“Ons het hierdie toernooi nie volgens ons potensiaal gespeel nie,” het die afrigter Paul Treu agterna erken.

“Dit is bitter teleurstellend as jy soveel vooraf insit en dan so min terugkry. Ons is tot meer in staat as om ’n verslane finalis in die Plaat te wees.”

Daar wag beslis kopkrap op Treu voor komende naweek se toernooi in Port Elizabeth.

“Cecil Afrika behoort reg te wees en dit kan ’n verskil maak,” het Treu gesê. “Ons sal egter meer moet wys vir dit wat ons insit. Ons getal punte ná twee toernooie vir ’n span wat ten volle professioneel is, is nie goed genoeg nie.”

Die Blitse is saam derde op die punteleer en het soos Nieu-Seeland en Frankryk 29 punte.

Fidji (39) is voor, gevolg deur Engeland (32).

Engeland het uiteindelik die toernooi gewen deur Frank­ryk met 29-12 te klop. Die Engelse het Fidji in die een halfeindstryd geklop en Frankryk was te sterk vir Argentinië in die ander uitklopstryd.

Die swak vertonings van Samoa en Nieu-Seeland hier was ’n groot besprekingspunt. Die Kiwi’s het vir die eerste keer in hul geskiedenis drie keer in ’n ry verloor, terwyl Samoa nie eens die kwarteindronde kon haal nie.

Die SA vrouespan het ’n droewige toernooi gehad. Hulle het op die eerste dag drie keer verloor. Gister het hulle weliswaar met 19-5 teen Brasilië gewen, maar daarna met 28-0 teen Spanje in die eindstryd van die Plaat-finaal verloor.

Kanada het dié toernooi gewen deur Engeland in die eindstryd te klop.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

– Sport24

Lees meer oor: rugby  |  blitsbokke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.